Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Kovsieliga lewer opwindende rugby op

Die eindstryde van die Kovsieliga waarvan die Universiteit van die Vrystaat en Volksblad medeborge is, is Saterdag op Shimlapark in Bloemfontein beslis.

Aan entoesiasme onder spelers en toeskouers het dit nie ontbreek nie.

Die spelers het gewys dat rugby op die platteland én in die sentrale streek kerngesond is.

Diamantveld se o.15-span het die Volksbladliga gewen deur Welkom-Gimnasium met 22-19 in die eindstryd te klop. Vrede het De Aar in die Ritsimsliga (vir o.16-spanne) met 14-10 geklop, terwyl Zastron Hopetown met 26-15 in die Redakteursliga (o.16-spanne) geklop het.

Prieska het die Coltsliga gewen deur Hoopstad met 54-12 te klop, terwyl Bothaville die Irawaliga gewen het deur De Aar met 31-19 te klop.

Welkom-Gimnasium het verseker dat sy naam ’n tweede keer op die trofee van die Shimlaliga kom, deur Duineveld met 61-7 af te stof.

Hier is ’n spanfoto van elk van die wenspanne in die ses liga’s en ’n aksiefoto’s wat van die opwinding vasvang.

Die Hoërskool Vrede se o.15-span wat die Ritsimsliga gewen het deur De Aar met 14-10 in die eindstryd te klop. Voor van links: Bradley Swart, Wiam Cilliers, PR Gleeson, Pieter Hamman, Juandré Nel. Agter van links: Kassie Kasselman (voorsitter van die Griffons-Hoërskolevereniging), Juandré van Zyl, Salomzi Dlamini, Rudi Geyer, Chris Swanevelder, Calla Cilliers (k), Janco Els (afrigter), Tiaan Malan, Wessel Renison, Ruben Luus, Armand Koegelenberg, Gideon Groenewald, Hans-Jurie Duminy, James McIntosh, Wian Labuschagne, Michael Cilliers. Foto: Mlungisi Louw
Die Hoërskool Zastron se o.16-rugbyspan wat die Redakteursliga gewen het deur Hopetown in die eindstryd met 28-15 te klop. Voor van links, is: Drikus Klopper (k), Jacques Franzsen (afrigter), Piet Veldman (afrigter), Jaco Grobler, Juan Mari Franzsen (hoofmeisie). Tweede ry: Thuso Maphaha, Tersius Coetsee, Sebake Skele, Jaden Bontes, Janco van Staden. Agter: Khotso Louw, JW Rossouw, Buntu Coli, LJ Franzsen, Pieter Veldsman, Inus Vorster, Eduan Naudé, Marcell Moelich, Sechaba Ilicha, Tiaan Geyer, Duaine Saaijman, McKay Fitchet, AJ Coetsee. Foto: Mlungisi Louw
Die Hoërskool Prieska se eersterugbyspan wat die Coltsliga gewen het deur Hoopstad in die eindstryd met 54-12 te klop. Voor van links, is: Gerdin Damon, Pieter-Paul Lowe, Star-Dean Barnett (k); middel: Renico Mouers, Godfrey Links, Deven Klaaste, Ronaldo Snyman, Revaro van Zyl, Lizahn Esterhuizen (fisioterapeut), Atches Plaaitjies, Rowan Malgas, Richard Ndukula; agter: MJ Cloete, Janco Nel, Jason Botes, Julian Pegrim, Juan-Ben Naudé (afrigter), Derik Zeelie (afrigter), Bennet Mbombo, Gereldow Rooi, Arno Scholtz, Reshasad Gedeija, Sergio Nelson. Foto: Mlungisi Louw
Die Hoërskool Bothaville se eersterugbyspan wat die Irawaliga verower het deur De Aar met 31-19 in die eindstryd te klop, is heel voor: Ruben Jooste. Tweede ry, van links: Maxwell Mashiya, JC Kleynhans, Corné Botes (spanbestuurder), Frank du Preez (afrigter), MC Meyer. Derde ry: Thlotliso Mokolake, Nico Pretorius (afrigter), JB le Grange, Katleo Motibi, Tumi Vena, Johan Minnaar, Calvin Meyer (k), MC Meyer. Agter: Johan van Eyssen, Mpumi Nkile, Jean Rudman, Teboho Nteo, De Villiers Minnaar, Mike Jacobs, Michael Wehrmeyer, Christiaan Dreyer, Schalk Pretorius, Jurie Wessels, Antonie Jordaan, Lourenco Griesel. Foto: Mlungisi Louw
Welkom-Gimnasium se eersterugbyspan wat die Shimlasliga gewen het deur Duineveld met 61-7 in die eindstryd te klop. Voor van links, is: Georgen Kiewiet, Marchall Andrews, Morné Maastriet. Tweede ry: Durren Hull, Macniel Matthews, Whaldo Swartz, Martley Bayman, Colen Roberts, Carl Senyane. Derde ry: Keith van Aswegen, JP de Kock, Tyron Combrinck, Ryan Davids, Jaime Heynes, JP Pretorius, Quan Meyer, Christo Steyn (k), Roean Bezuidenhout (afrigter). Agter van links: Husain Banzi, Franco-Lee Ceaser, Sergio Moreira, TK James, Keke Morabe. Foto: Mlungisi Louw
CJ Marx, losskakel van Diamantveld se o.15-span, probeer verby Welkom-Gimnasium se vleuel Prince Sitoe kom. Foto: Mlungisi Louw
Wessel Renison, heelagter van Vrede se o.15-span, probeer verby De Aar se vleuel Lukhanyiso Ngxabazi te kom. Foto: Mlungisi Louw
Dis nou genoeg! Thusa Mpaha, vleuel van Zastron se o.16-span, word in sy spore gestuit deur Hopetown se senter Roe Wiid. Foto: Mlungisi Louw
Starr-Dean Barnett, senter en kaptein van Prieska, duik oor vir een van sy twee drieë. Foto: Mlungisi Louw
Michael Wehrmeyer, stut van Bothaville se eerste span, sit af op ’n lopie. Foto: Mlungisi Louw
Georgen Kiewiet, skrumskakel van Welkom-Gimnasium se eerste span, probeer om weg te kom van ’n verdediger van Duineveld. Foto: Mlungisi Louw
Ondersteuners van Bothaville vier fees. Foto: Mlungisi Louw

Meer oor:  Skolerugby  |  Ritsimsliga  |  Kovsieliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.