Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Krieketweek gedenk Jakes Gerwel

Die kolwe het behoorlik geklap by die eerste Jakes Gerwel-krieketgedenkweek wat onlangs op Floridapark in Ravensmead, Kaapstad, ten einde geloop het.

Hein Gerwel, beskermheer van die Jakes Gerwel-krieketgedenkweek, saam met die hotklou-kolwer Matthew Florence, wat vereer is. Foto: Verskaf
Kholan Knight ontvang sy span se prys van Shirley Levendal, ’n trustee van die Jakes Gerwel-stigting. Foto: Verskaf

Volgens Hein Gerwel, seun van prof. Gerwel, kom sy pa se voorliefde vir krieket al van sy jong dae, toe hy en sy broer Freek en sy suster Hester op hul geboorteplaas gespeel het.

“Dit was ’n lewenslange verhouding wat hom van klubkrieket tot die sport se hoogste range as organiseerder van die 2003-Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika gelei het. Hy het die sport, wat eers ’n simbool van kolonialisme was, gesien en ondervind as ’n manier om nasiebou om ’n gemeenskaplike samesyn te bewerkstellig.

“As ’n ambassadeur van krieket is dit gepas dat hy vereer word deur die Jakes Gerwel-gedenkweek. Dit bring dus twee van sy groot passies bymekaar, die opvoeding en bemagtiging van jongmense deur sport.”

Volgens Hannie Adams (organiseerder) het prof. Gerwel ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van krieket onder die jeug in Ravensmead. Hy het by die klub betrokke geraak omdat sy seun, Heinrich, van ’n jong ouderdom ’n baie goeie krieketspeler was.

“Prof. Gerwel het die rol van die spanbestuurder gespeel en het vele male op ’n Saterdag sy spogmotor oorlaai met 13 seuns en die krieketsak om te gaan krieket speel. Nie net was hy die spanbestuurder nie, maar was hy ook die tellinghouer en skeidsregter. Dit het geskied oor baie jare en ons het gevoel dat ons sy nalatenskap moet eer.”

Meer oor:  Ravensmead
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.