Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
KYK: Dit gons oor Grey se drie teen Paul Roos

Dié drie is op almal se lippe en gaan nog lank daar bly.

Franco Knoetze (17), heelagter van Grey Kollege se eerste span, het Saterdag hierdie veelbesproke drie gedruk teen Paul Roos Gimnasium sekondes voordat die fluitjie vir rustyd geblaas het. Dit is al wyd op sosiale media gedeel en as “briljant” geloof.

Tielman Niewoudt en Franco Knoetze stem saam dat die veelbesproke drie die naweek teen Paul Roos Gimnasium ’n spanpoging en die resultaat van harde werk deur die jaar was. Foto: Mlungisi Louw

Die aanloop tot die drie is ewe indrukwekkend. Tielman Nieuwoudt (17), groot stut van Grey, het Andrew Pegg, eerstespanvleuel van Paul Roos, 50 m gejaag totdat hy hom ’n meter van Grey se doellyn platgetrek het.

Die bal het vorentoe gespat. Franco het dit opgeraap en eers ’n effense draai agter sy eie doellyn gehardloop. Daarna het hy reguit vorentoe geskiet en reg deur Paul Roos se rugbyspan gehardloop om sy drie aan die oorkant van die veld te gaan druk.

Grey het uiteindelik met 51-28 in die wedstryd in Stellenbosch geseëvier.

Franco wil nie hoor dat dit die “drie van die jaar” is nie, maar beskryf dit bloot as een van vele goeie drieë wat sy span vanjaar gedruk het.

Hy sê die drie was die resultaat van harde werk dwarsdeur die jaar deur die hele span. Maar hy bieg wel dat dit ’n heerlike ervaring was.

“Dit was die lekkerste drie in my loopbaan: Die adrenalien, die skare wat skree. . . Dit was beslis een van die beste ervarings vanjaar.”

Tielman het sy aandeel in die drie net so geniet en beskryf dit as ’n “lekker gevoel”.

Hy sê die adrenalien het behoorlik gepomp terwyl hy die vleuel van Paul Roos onder die geskree van die skare agternagesit het.

“Dit was ’n ongelooflike gevoel en heerlik om die rugbyseisoen op ’n wennoot af te sluit.

“Ons het deurentyd hard as span saamgewerk. Ons is ’n hegte eenheid en daarsonder sou dié drie nooit gebeur het nie.”

Sowel Franco as Tielman droom daarvan om eendag professionele rugby te speel, maar vir eers fokus hulle op hul akademie.

Benewens rugby het Franco voorheen in naellope uitgeblink. Sy beste tyd is 10.8 sek in die 100 m.

Tielman het in 2017 en 2018 die SA span in gewigstoot verteenwoordig.

Hy was in 2017 nommer een in gewigstoot-o.15 en het verlede jaar met ’n gebreekte enkel aan die SA kampioenskap deelgeneem.

Sy persoonlike beste afstand is 18.17 m.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.