Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Windmakerige losskakel geplettervat

Nee wat, so maak jy nie wanneer jy die doellyn oorsteek om ’n drie te druk nie.

’n Skolerugbyspeler het die afgelope naweek ’n duur les geleer toe hy so besig was om sy teenstanders te tart dat hy byna ’n seker vyfpunter bederf het.

Die spanne van Chief Boklein en Alphandale het mekaar Saterdag op Grens se skolerugbydag gepak.

Chief Boklein se losskakel het oor Alphandale se doellyn gedraf sonder dat ’n hand op hom gelê word, maar sy windmakerige vertoning tot onder die pale was een te veel vir een van sy teenstanders.

’n Alphandale-plaasvervanger wat genoeg gehad het van die vertoning laat hom geld met ’n uitstekende plettervat en bring die losskakel weer reguit terug aarde toe.

– Sportredaksie

Meer oor:  Skolerugby  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.