Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Skolerugby se grootste plettervat?

Al doen hierdie video reeds ’n paar weke die ronde, is die rugbygemeenskap steeds in twee geskeur daaroor.

Die een kamp is van mening dat dit 'n plettervat in die ware sin van die woord was. Iets wat eie aan rugby is. Maar andere is weer van mening dat dit nie wettig was nie.

Die voorval het op die Kwagga-rugbyweek in George gebeur in ’n wedstryd tussen Boishaai en Monument se o.14-spanne.

Die duikslag blyk op die oog af aan al die reëls te voldoen, maar laat jou regop sit as jy in werklike tyd daarna kyk.  Sonder die hulp van ’n televisie-skeidsregter, het die betrokke beampte besluit ’n geelkaart is aan die orde van die dag.

Die Monnas-speler het glo ’n paar minute aanhou speel voordat hy die veld met onder meer gekraakte ribbes verlaat het.

Was die verdediger oormatig aggressief met sy duikslag of was dit 'n plettervat uit die handleiding? Kyk hier en besluit self. - Sportredaksie

* Hierdie berig is aangepas.


Meer oor:  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.