Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Marais Viljoen bevorder in 2020

Die Hoërskool Marais Viljoen in Alberton sal na in 2020 sy buiging maak in Afdeling 1 se Beker-kompetisie van die Virsekerbeker-reeks.

Dit volg nadat die skool se onderskeie spanne die meeste punte ingesamel het op die punteleer en net-net die Hoërskool Rustenburg geklop het om tot die Beker-kompetisie bevorder te word.

Hulle sal dus met die Hoërskole Menlopark, Garsfontein, Monument, HTS Middelburg, Waterkloof, Dr. EG Jansen, Helpmekaar Kollege en Noordheuwel meeding.

Die Hoërskool Eldoraigne se Marven Petersen op die aanval teen die Hoërskool Ben Vorster in die Virsekerbeker-reeks se Plaat-eindstryd. Foto: Frans Lombard

Dié skuif is grootliks te danke aan die vertonings van Marais Viljoen se o.14’s, o.15’s en o.16’s, met al drie die spanne wat daarin geslaag het om die halfeindrondes van hul ouderdomsgroepe te haal in die Plaat-kompetisie.

Die o.16’s het toe teen die Hoërskool Zwartkop in die halfeind vasgeval met 5-15. Die o.15’s en o.14’s het albei die eindstryd gehaal nadat hulle onderskeidelik teen Ben Vorster gelykop gespeel het (12-12) en vir Hoërskool Nelspruit (31-0) getrap het.

Die o.14’s het toe in die eindstryd daarin slaag om die beker te verower nadat hulle vir Rustenburg in ’n taai stryd met 13-7 geklop het.

Die eerste span het egter harde bene gekou en kon net sesde op die punteleer eindig met drie oorwinnings in hul sewe wedstryde.

Die Hoërskool Transvalia se houtlepel in die Beker-kompetisie het hom geen gunsies gedoen nie en hy sal volgende jaar sy aanslag in die Plaat-kompetisie wys.

Die span van Vanderbijlpark kon nie een van sy wedstryde in die reeks vanjaar wen nie en het ’n allemintige 429 punte in agt kragmetings afgestaan.

Hulle sal volgende jaar met die Hoërskole Zwartkop, Rustenburg, Ben Vorster, Nelspruit, Montana, Kempton Park en Middelburg swaarde kruis.

Die Middies skuif op van die Skild-kompetisie nadat al sy spanne vanjaar die eindstryd kon haal, en hoewel nie een ’n trofee omhoog kon hou nie, het hulle genoeg punte versamel om volgende jaar die Plaat te jaag.

Die Hoërskool Eldoraigne kon, ten spyte daarvan dat sy eerste span die Plaat-eindstryd gehaal het, nie aan ’n plek in dié kompetisie vasklou nie en sal afskuif na die Skild-kompetisie, terwyl die Hoërskool Centurion sal afskuif na Afdeling 2.

Ligbron se goeie seisoen in Afdeling 2 beteken dat hy volgende jaar sake in Afdeling 1 se Skild-kompetisie sal uitspook.

Hier sal Ligbron en die Eldo’s teen die Hoërskole Lichtenburg, Heidelberg Volkskool, Oos-Moot, Florida, Jeugland en die nuut gekroonde kampioen, Hugenote, te staan kom.

Meer oor:  Skolerugby  |  Virsekerbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.