Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Menlopark maak geskiedenis

Die Hoërskool Menlopark het gister sy eerste groot Noordvaal-titel verower toe hy die Virseker­beker-reeks se trofee omhoog gehou het.

Menlopark vier gister hul geskiedkundige sege. Foto: jorina raath, speedshots.co.za

Die Parkies het Helpmekaar Kollege met 44-17 die loef afgesteek in die Beker-kompetisie, en sodoende die eerste keer geseëvier in dié reeks, wat voorheen as die Beeld-trofee, Direkteurs-trofee en Administrateursbeker bekend gestaan het

Die Pretorianers was rustyd nog 13-17 agter. Helpmekaar het byna ál die speelwerk in die eerste helfte gedoen en was in ’n oogwink met 12-0 voor danksy drieë deur die binnesenter, Divan Esterhuizen, en die vleuel, Christiaan Bezuidenhout, voordat die Parkies die gety geswaai het.

Met die aanbreek van die tweede helfte het die Parkies die Helpies egter in die grond in gespeel met nóg vier drieë, terwyl die Helpies punteloos gehou is. Die Parkies is aangevuur deur begeesterde vertonings deur hul haker, Enrique Coutriers, met die kaptein en kantman, Lohan Potgieter, wat self alles op die veld gelaat het. Agterlangs was die binnesenter, Ruan Oosthuizen, ’n gifangel, terwyl die regtervleuel, Ulrich Wiese, sy seisoen met twee drieë afgesluit het.

  • Die Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen kon uiteindelik weer silwerware in hul kas sit nadat hulle in die Plaat-kompetisie die Hoërskool Eldoraigne naelskraap met 37-36 getroef het.
  • Die Hoërskool Hugenote van Springs het die Hoërskool Middelburg ’n deeglike pak slae met 57-34 gegee en die titel in die Skild-kompetisie opgeraap. 
Meer oor:  Hoërskool Menlopark  |  Trofee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.