Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Menlopark se 1ste span pronk in Tuks-reeks
Vang! Claudia Jarrard, doel van die Hoërskool Menlopark, vang die bal in die eindstryd van die Tuks-reeks teen Eldoraigne. Jarrard het uitmuntend onder druk vertoon en was een van haar span se sterre in die oorwinning van 17-12. Eldoraigne se verdediger, Megan Jay (regs), probeer keer. Foto: Marius Nortjé

Die Hoërskool Menlopark se eerste netbalspan is die kam- pioen van die Tuks-reeks.

Menlopark het Saterdag op die bane van die Universiteit van Pretoria (Tuks) die bordjies met 17-12 in die eindstryd teen Eldoraigne (Eldos) verhang.

Eldos het vroeër vanjaar in George Menlopark in die halfeindstryd van die George-toernooi met 26-21 verslaan.

Eldoraigne het toe in die eindstryd die Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria met 28-20 verslaan om as kampioen gekroon te word.

Menlopark het sy plek in die eindstryd van die Tuks-reeks met ’n sege van 32-23 oor die Hoërskool Pietersburg bespreek.

Die kampioen se hulpdoel, Samantha Holder, en die jong doel Claudia Jarrard, het nie net in die eindstryd nie, maar ook regdeur die reeks goed vertoon.

Veral Jarrard het uitstekend onder druk vertoon. Die span se aanvallende vleuel, Anique Grobler, het ook puik spel gelewer.

Vir Eldoraigne het sy verdediger, Megan Jay, Chanté de Bruyn en die verdedigende vleuel, Nicola van Rensburg, skitterspel in die eindstryd gelewer.

Eldoraigne het sy plek in die eindstryd met ’n naelskraapse sege van 19-16 oor die Hoërskool Rustenburg bespreek.

Pietersburg (Pieties) het in die uitspeelwedstryd om die derde en vierde posisie met 23-14 as oorwinnaars van die baan gestap.

Pieties se hulpdoel, Nerine Maartens, en die verdediger, Roné von Houwald, het goed vertoon.

Garsfontein se eerste span het in die vyfde plek geëindig nadat hy Saterdag vir Monument (26-18) en Kempton Park (22-20) geklop het.

Menlopark is ook as die algehele netbalkampioen van die Tuks-reeks gekroon. HTS Middelburg en Monument moes onderskeidelik met die tweede en derde plekke tevrede wees.

Menlopark se o.16-span is ook as Tuks-kampioen gekroon ná hy vir HTS Middelburg in ’n taai eindstryd met 15-11 getroef het.

Menlopark se o.14-span het in die eindstryd van sy afdeling teen HTS Middelburg (19-20) koning gekraai. In die o.15-afdeling het Rustenburg die kroon gedra en die Hoërskool Klerksdorp is in die o.17-afdeling as kampioen gekroon.

Meer oor:  Sport  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.