Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
‘Universiteite baat by minder kontrakte’

Universiteite baat by die minder kontrakte wat unies aan skolerugbyspelers aanbied en kry selfs beter spelers as gewoonlik.

’n Speler gooi ’n waterbottel na ’n spanmaat by die o.18-Cravenweek-toernooi in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Só sê Daniel Bester, afrigter van die Pukke se o.21-span. Hy woon vandeesweek die Cravenweek-toernooi vir o.18-spanne in Bloemfontein by.

“Die poel van spelers het vir seker groter geword en ons het baie meer navrae gekry. Dit is veral van spelers wat nie noodwendig op ons radar was nie, omdat groot unies hulle (in die verlede) sou gevat het.

“Ons keuses het net soveel meer geword. Daar het reeds ouens by ons geteken wat ons vroeër jare nooit sou kry nie. Hulle is onseker, omdat unies nog nie met hulle gepraat het nie en hul voel dit is ’n goeie geleentheid,” sê Bester.

Groot unies soos die Blou Bulle gaan byvoorbeeld slegs vyf van vanjaar se skolespelers vir aanstaande jaar kontrakteer. Dit is grootliks die gevolg van die verwatering van die nasionale o.19-liga, wat vanjaar oor slegs een week beslis gaan word.

“Ons het besluit ons gaan voort soos altyd en gee steeds beurse aan o.19-spelers. Ons (die Luiperds) het saam met die groot unies in daardie liga gespeel. Ons gaan met ons o.19-spelers in die o.20-kompetisie speel, maar ons neem steeds in die o.21-kompetisie se Premierliga deel,” sê Bester.

Die Luiperds speel saam met die Westelike Provinsie, Blou Bulle, Goue Leeus, Vrystaat en die Haaie in die nasionale o.21-liga. Tog is die Luiperds vanjaar ook by die o.20-liga ingelyf, wat altyd uit kleiner unies soos Griekwas, die Pumas en Suid-Westelike Distrikte bestaan het.

Die kleiner spanne het nie aan die o.19- en o.21-kompetisies deelgeneem nie en slegs aan die o.20-reeks. ’n Unie soos die Luiperds, wat grootliks die NWU-Puk as voedingsbron het, baat dus eintlik daarby, omdat hy die enigste unie is wat aan die o.20- en o.21-kompetisie deelneem.

Bester sê dit gebeur gereeld dat spelers sonder ’n beurs by die Puk kom swot en dan ná ’n jaar ’n beurshouer word.

“Onthou ook, baie ouens wat sterre op skool was, sukkel om later die volgende stap te neem. Net so is daar ouens wat op skool nie uitblinkers was nie, maar op universiteit uitstyg.

“Ons het ’n flank, Jandré de Beer, wat nou vir die Luiperds se o.21-span speel, wat eerstejaar op universiteit is en nie ’n beurshouer is nie. Hy het op skool maar vir Affies se tweede span gespeel,” sê Bester.

Meer oor:  Cravenweek  |  Skolerugby  |  Varsitybeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.