Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Montana dra weer kroon by Eldo-sewes

Die Hoërskool Montana het Saterdag vir die tweede agtereenvolgende jaar by die Hoërskool Eldoraigne se sewestoernooi weggestap met die kroon.

Monties was die enigste span wat al vier hul wedstryde kon wen.

Hulle het die Hoërskool Centurion in die eindstryd met 40-5 gewen en daarmee die titel behou wat hulle in 2018 ook verower het.

Die Hoërskool Montana se Ruan du Toit wys hakskene vir ‘n verdediger van die Hoërskool Centurion in die Beker-eindstryd van Eldoraigne se sewestoernooi. Foto: Frans Lombard

Toe was hulle in die eindstryd teen ’n sterk Blou Bulle-uitnodigingspan net-net baas met 21-19.

Die afgelope naweek het hulle hopeloos te veel skietgoed gehad vir die Blou Bulle se uitnodigingspan en het hulle met 28-0 gewen in hul eerste groepwedstryd.

Daarna het Monties die Hoërskool Erasmus met 19-5 geklop, voordat hulle die Hoërskool Menlopark met 17-0 laat les opsê het.

Centurion het die gasheer, die Hoërskool Eldoragne, in hul eerste wedstryd met 22-10 getroef, waarna die Woeries teen Pretoria Boys High met 21-21 gelykop gespeel het voordat hulle die Hoërskool Staatspresident CR Swart met 19-12 geklop het.

In die eindstryd het Monties hopeloos te veel skietgoed gehad vir Woeries.

Die Parkies het self ’n sterk begin gehad toe hulle die Hoër Tegniese Skool John Vorster met 33-5 oorrompel het.

In hul tweede kragmeting het hulle die Barbarians-uitnodigingspan met 24-12 getroef, maar toe hul rieme teen die Monties styfgeloop.

Die Parkies kon met die derde plek wegstap nadat hulle vir CR Swart met 22-0 platgevee het in hul uitspeelwedstryd.

Nadat die Eldo’s teen die Woeries vasgeval het, het hulle Pretoria Boys High met 21-7 gewen en daarna vasgebyt om die Hoërskool Oos-Moot met 7-0 te klop.

Hulle het egter in hul laaste kragmeting teen die Blou Bulle se uitnodigingspan met 19-7 vasgeval en moes tevrede wees met die sesde plek.

Die Oosies het ’n taai toernooi beleef en kon geen wedstryd wen nie.

Hulle het eers gelykop gespeel teen CR Swart met 17-17.

Daarna was daar weer niks wat hulle van Curro Hazeldean onderskei het nie en die spanne het wéér van die veld gestap nadat die eindfluitjie geblaas het op 17-17 in hul laaste groepwedstryd.

Boys High het in die sewende plek geëindig ná ’n oortuigende oorwinning van 35-7 oor Erasmus.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.