Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Noorde het groot arsenaal vir eindronde

Die 2020-skoleatletiekseisoen spring binnekort vol vuur en vlam weg en die Superskole-reeks se eindronde sal een van die vroeë trekpleisters op die kalender wees.

Dié unieke byeenkoms sal op 1 Februarie van Suid-Afrika se voorste kragte in skoleatletiek teen mekaar opweeg wanneer die noorde en die suide swaarde kruis.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool se Ntando Mahlangu sal een van die trekpleisters wees by die Superskole-atletiekreeks se eindronde. Foto: Frans Lombard

Die finale lys van 52 skole wat na die Universiteit van Pretoria se L.C. de Villiersstadion sal opruk, is Maandag bekend gemaak en die noorde se arsenaal lyk indrukwekkend.

Op die hoëveld sal die suide ’n massiewe taak hê wat op hom wag, veral nadat van hulle groot kanonne onttrek het.

Die afwesigheid van Paul Roos Gimnasium, Boland Landbou, Wynberg Boys High School, Hoërskool Stellenberg en Fairmont High School sal beslis ’n groot leemte laat.

Dít nadat hulle almal gekwalifiseer het.

Die Afrikaanse Hoër Seuns-en Meisieskole sal albei in hul 100ste bestaansjaar hul slag wil wys in die seuns- en meisiesafdelings, terwyl die Hoërskool Menlopark die algehele afdeling in die visier het om sy stempel af te druk.

Dan kan Helpmekaar Kollege, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Monument, Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Waterkloof, Potchefstroom Gimnasium en Prestige College ook nie onderskat word nie.

Aan die suide se kant sal die Hoër Jongenskool Paarl en Parel Vallei se seuns fyn dopgehou word, terwyl die Hoër Meisieskool Paarl, La Rochelle Girls High en Milnerton High School ’n faktor onder die meisies sal wees.

Die Hoër Tegniese Skool Drostdy se meisies kan ook mee rekenskap gehou word.

Skole het in 2019 vir die eindronde gekwalifiseer tydens twee byeenkomste in die verskillende streke.

Die noorde se byeenkoms is op 19 September by Tuks gehou met skole vanuit Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap wat probeer kwalifiseer het.

Die suide, bestaande uit skole vanuit die Wes-Kaap en Oos-Kaap, het op hul beurt weer op 5 Oktober hul kwalifiserende ronde gehad.

* Die skole wat deelneem is:

Noorde: Afrikaanse Hoër Seunskool, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Hoër Tegniese Skool Louis Botha, Hoër Tegniese Skool Middelburg, Hoërskool Klerksdorp, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Nelspruit, Potchefstroom Gimnasium, Bethlehem Voortrekker Hoërskool, Hoërskool Warmbad, Hoërskool Akasia, Benoni High School, Hoërskool Centurion, Hoërskool Dr. EG Jansen, Hoërskool Eldoraigne, Fourways High School, Hoërskool Garsfontein, Helpmekaar Kollege, Hoër Tegniese Skool Tuine, Jeppe High School for Boys, Hoërskool Kempton Park, Midstream College, Hoërskool Montana, Hoërskool Monument, Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Oos-Moot, Prestige College, Pretoria Boys High School, Hoërskool Randburg, Tuks Sportskool, Hoërskool Uitsig, Vorentoe High School, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Lydenburg, Potchefstroom Boys High School, Hoërskool Dr. Malan, Hoërskool Florida, Sutherland High School.

Suide: Hoër Jongenskool Paarl, Hoërskool Belville, Hoërskool DF Malan, Hoër Tegniese Skool Drostdy, Hoërskool Parow, Hoërskool Hugenote (Wellington), La Rochelle Girls High School, Hoërskool Duineveld, Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoër Meisieskool Paarl, Parel Vallei High, Milnerton High School, Sarepta Secondary School.


Meer oor:  Skoleatletiek  |  Helpmekaar Kollege  |  Menlopark  |  Skolesport  |  Paarl Boishaai  |  Affies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.