Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Nories se hokkiespanne bult hul spiere

Die Hoërskool Noordheuwel het onlangs die 20ste Prestige-hokkietoernooi aangebied waar hul seuns- en dogterspanne in die eindstryde in aksie was.

Die dogterspan, Noordheuwel se Blouspan, moes hard werk om eindelik met 1-0 in die eindstryd teen die Maragon Privaatskool te seëvier.

Nories se seunspan, die Witspan, was nie so gelukkig nie en het hom in die eindstryd teen ’n doelgerigte Maragon vasgeloop wat met 3-1 as oorwinnaars uit die stryd getree het. 

In die groepstryde op die eerste dag het hulle gelykop gespeel.

Die seuns van Maragon het deurlopend gekook en het Monument met 3-1 ore aangesit, voordat hulle teen Noordheuwel se Witspan met 1-1 gelykop gespeel het en daarna vir Bastion met 11-0 geslag het.

Hule het hul goeie vertonings op die eerste dag opgevolg met seges oor Noordheuwel se Blouspan (4-0) en Krugersdorp High (5-1) Monnas het op die eerste dag hulself opgetel nadat hulle teen Maragon vasgeval het en daarna vir Bastion met 6-0 ’n pak slae gegee, voordat hulle Noordheuwel se Blouspan met 4-0 uit die weg gevee het.

Noordheuwel se meisiespan (Blouspan) was onoorwonne om as wenners gekroon te word.

Nories het onder meer vir Bastion (5-0), Maragon (3-2), Krugersdorp (4-0) en met hul dogters se Witspan (2-0) klaargespeel.

Die toernooi, wat die eerste keer in 1998 gehou is, bied ’n platform aan skole om die talente-poele te toets en belowende spelers te identifiseer om in die daaropvolgende seisoene by die eerste hokkiespanne te betrek.

Geen matrieks word toegelaat om deel te neem nie.

Die toernooi word in twee opgedeel met die klein- en mediumskole wat in die eerste week sake uitspook voordat die medium- en grootskole hul staal wys.

In die seunsafdeling vir klein- en mediumskole het Roodepoort, Jan Viljoen, Randfontein High, Monument Juniors en Noordheuwel Juniors meegeding, terwyl Roodepoort, Town View High, Bastion se B-span, Krugersdorp High se B-span, Jan Viljoen en Noordheuwel Juniors in die meisies-afdeling in aksie was.

Hier het die Nories ook met die louere weggestap, terwyl die seuns van Randfontein High in hulle afdeling eerste klaargemaak het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.