Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Nories wen 2 sewestoernooie ná mekaar

Die Hoërskool Noordheuwel se sewesrugbyspan het dié seisoen hul stempel behoorlik afgedruk toe hulle twee toernooie in twee probeerslae gewen het.

Voor, van links, is Hogan Engelbrecht, Devan du Plessis, Stevano Cupido, Justin Lambert, Dean Bentley en Breyton Adams. Agter staan Marchelle Stapelberg, Jan-Hendrik Snyman, Shandré Coetzer, Camron Janse van Vuuren, Rudi Brink, Rocky Truter (sportdirekteur), Ghuswin Ngidi en Renier Stander.

Die Nories het voorverlede naweek in Vryheid by die Hoërskool Pionier teen spanne van Durban High School, die Hoërskool Pionier, Michaelhouse en die Hoërskool Vryheid gespeel én hulle afgeransel.

Hierna het hulle die HTS Middelburg in die eindstryd met 24-12 geklop.

Die Nories het Saterdag weer gedurende ’n toernooi op hul tuisveld hul opponente in die uitklopfase kafgedraf. Hulle het die Hoërskool Marais Viljoen met 48-7 geklop, Dinamika met 15-14, Brandwag met 26-5 en die Hoër Volkskool Heidelberg met 40-17.

In ’n klipharde eindstryd het die Nories Waterkloof met 21-19 geklop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.