SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Skole
Oranje wil wraak neem teen Collegiate

By die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein word daar nie doekies omgedraai oor die mikpunt vir die jaarlikse Super12-hokkietoernooi wat Donderdag by die skool begin nie.

Hulle wil wén!

Mikkela le Roux, middelveldspeler van die Hoër Meisieskool Oranje se hokkiespan. Foto: Verskaf

Dit is die sesde jaar wat die toernooi aangebied word en Oranje het dit die eerste vier jaar oorheers.

In 2018 moes hy die knie buig, maar is vol vertroue dat vanjaar weer sy jaar gaan wees.

“Dit is ’n opwindende toernooi en lekker om te sien hoe die spelers ontwikkel. Ons het hard gewerk en is baie opgewonde oor ons kanse. Al die moeite is ingesit dat ons weer kan wen,” sê Morné Odendaal, afrigter van Oranje.

Voordat Oranje egter van toernooiseges kan begin droom is daar eers Donderdagmiddag ’n afspraak teen die Collegiate Girls’ High School. Oranje se enigste twee nederlae vanjaar was teen die einste Collegiate.

In die All Girls Festival het Oranje met 0-1 teen die span van Port Elizabeth in die halfeindronde vasgeval. Ook in ’n interskolewedstryd moes die Bloemfonteiners met 0-1 die knie buig.

"Daar is wraak betrokke, maar dit is die wedstryd waarna ons uitsien"
- Morné Odendaal, afrigter van Oranje

Vir Odendaal is daardie twee nederlae ’n teer sakie.

“Daar is wraak betrokke, maar dit is die wedstryd waarna ons uitsien. Veral in die tweede wedstryd teen hulle het ons dalk te hard probeer.

“Daar is drie dinge wat ek beskou as kritiek as ’n span wil wen. Eerstens die spangees omdat dit so ’n harde toernooi met baie wedstryde in ’n paar dae is. Dan gaan die span wat wil wen sy kanse moet benut. Laastens gaan dit oor hoe jy die spelers in die groep gebruik.

“Omdat dit so ’n strawwe toernooi is (drie wedstryde op die eerste dag), gaan al die spelers nie in al die wedstryde kan speel nie. Dit is omtrent soos die All Blacks wat gebruik maak van impakspelers,” sê Odendaal.

Oranje handhaaf ’n goeie peil vanjaar en sal vol vertroue wees dat hy Saterdag in die eindstryd kan speel. Hy het vroeër vanjaar die St. Mary’s-toernooi gewen nadat hy in 2018 ook nie dié kroon ’n vyfde opeenvolgende jaar kon dra nie.

Die opwindende Mikkela le Roux, ’n middelveldspeler, kan een van Oranje se sterre wees. Dié 17-jarige Le Roux is vroeër vanjaar in die Suid-Afrikaanse o.18-span ingesluit.

* Oranje se span: Amori Roos (kaptein), Elné Lourens, Tuané van der Westhuizen, Megan-Lee Myburgh, Mandie de Wet, Jané Britz, Mikkela le Roux, Elney Botha, Irmarie Buys, Sumari Janse van Rensburg, Ané Janse van Vuuren, Zoë Erasmus, Truné Prinsloo, Matilé Prinsloo, Roné Bresler, Miné Janse van Rensburg.

* Oranje se bepalings: Donderdag: 07:30: Oranje t. St. Cyprians, 12:30: Oranje t. Collegiate, 17:30: Oranje t. Rhenish. Vrydag: 09:10: Oranje t. St. Mary’s Waverley, 14:10: Oranje t. St. Anne’s.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.