Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Paarliete wreek nederlaag teen Kiwi-span

Die Hoër Jongenskool Paarl kon nou wel nie hul eie toernooi onoorwonne afsluit nie, maar het tog ’n silwerrandjie gekry deur hul nederlaag in 2017 teen Christchurch Boys’ High in Nieu-Seeland te wreek, nadat hulle die Kiwi’s met 25-7 geklop het.

Die span van Boishaai het verlede jaar met 36-38 die knie gebuig teen die alma mater van All Blacks soos Dan Carter en het al lank hul lippe afgelek om sake reg te stel.

Hoewel die telling dalk op ’n taamlik eensydige affêre kan dui, was dit glad nie die geval nie.

Die tuisspan moes hard werk om die pyp te rook en drieë deur Ewan Roos, Vian van der Sandt en Cullan van der Merwe was uiteindelik die spyker in die kis van die besoekers.

Carel du Plessis se seun, Riss, was ’n doring in die vlees van die Kiwi’s, met die Paarliete se voorspelers wat ook sake moeilik gemaak het vir die Nieu-Seelanders in die skrums.

Evan Roos, Boishaai se agtsteman, het met sy twee drieë Christchurch Boys’ High se doppie geklink.

Puntemakers:

Paarl Boishaai 25 (8): Drieë: Evan Roos (2), Vian van der Sandt, Cullan van der Merwe. Doelskop: Trent Sirvetsen. Strafdoel: Trent Sirvetsen.

Christchurch Boys’ High 7 (0): Drie: Max Hughes. Doelskop: Ollie Lewis.

Meer oor:  Boishaai  |  Wêreld-Skolerugbyfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.