Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Parkies klop Vossies in stryd van kampioene

Dis nie aldag wat twee verdedigende kampioene in die Virsekerbeker-reeks swaarde kruis nie, maar dit is egter presies wat Saterdag in Tzaneen gebeur het.

Die Hoërskool Menlopark se heelagter Niel Beukes in aksie in 2019. Foto: Frans Lombard

Die Hoërskool Menlopark, kampioene van 2019 se Beker-afdeling van die Virsekerbeker, moes verbete terugbaklei om sy seisoen op die wenpad te kry en vir Hoërskool Ben Vorster, wenner van die Plaat-afdeling, met 27-23 te verslaan.

Dinge het vroeg skeefgeloop vir die Vossies toe ’n verlore aangee vir die Parkie-losskakel Marcelle Deysel toegelaat het om in die hoek oor te duik na minder as ’n minuut se speeltyd om ’n 5-0 voortou te neem.

Daarna het die tuisspan egter beheer van sake geneem.

Eers het die flank Dean Ballentyne ná ’n sterk dryfmaal vanaf ’n lynstaan oor die doellyn geval, met die heelagter Kamagelo Kgohloane wat geen fout met die doelskop gemaak het nie.

Die monster-poot van die binnesenter Alexander Grid het die Vossies ’n voorsprong van 10-5 gegee nadat hy ’n strafdoel van 50 m deur die pale gejaag het.

Daarna is ’n swak aangee deur Deysel, wat in niemandsland geland het, deur Ndzalam Twala opgepik wat hakskene vir sy teenstanders gewys het om die Vossies met 17-5 in die saal te sit, nadat Grid verdoel het.

Die Parkies moes daarna golf na golf op die aanval van die Vossies probeer stuit, met Deysel wat sy span in die wedstryd gehou het met ’n strafdoel net voor die rustydfluitjie.

Die Parkies het die tweede helfte soos die eerste begin toe sy haker Tiaan Lange gedruk het.

Strafdoele deur Kgohloane en Grid het die Vossies weer laat asem skep op 23-15, maar toe het die besoekers tot ’n hoër rat oorgeskakel.

Die Parkie-heelagter Niel Beukes is deur Deysel in die hoekie oorgestuur, met die flank Ernst Simon wat ’n swak aangee deur die Vossies uitgebuit het toe hy dit net voor die doellyn opgetel en oorgeval het.

Deysel se skopskoen het die res van die praatwerk gedoen.

* ’n Doodsnikdrie deur die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) het die harte van die Hoërskool Monument aan skerwe gelaat by die Hoërskool Porterville se Bulfees in die Wes-Kaap.

Boishaai was met 17-10 baas.

Net soos in 2019 het die Paarliete dit tot laat gelos om die wedstryd uit die greep van die span van Krugersdorp te gryp.

Toe was Boishaai met 35-31 baas by die Noord/Suid-rugbytoernooi in Pretoria.

Meer oor:  Skolerugby  |  Virsekerbeker  |  Menlopark  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.