Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Paul Roos ná vyf jaar weer SA tenniskoning

Die Paul Roos Gimnasium beskik weer die eerste keer sedert 2013 oor die beste seunstennisspan in die land.

Die Paul Roos Gimnasium se eerste tennisspan is Carl Roothman (links), Jean Durand (kaptein), JP van den Berg, Hugo Kotze, André du Plessis, Wikus Robbertse, Ruben Fortuin en Swannie Swanepoel (afrigter).

Die St Stithians College van Johannesburg het die afgelope vier jaar dié septer geswaai, maar die leerlinge van Paul Roos het die afgelope week die bordjies verhang. Die Stellenbossers het op die jaarlikse Gerrie Berner-toernooi op hul tuisbane stof geskop in die oë van ál die voorste seunspanne in Suid-Afrika.

“Paul Roos se spelers was absoluut in ’n verwoestende bui en het deurentyd spel van hoogstaande gehalte gelewer,” sê Jacobus (Swannie) Swanepoel, die span se afrigter. “Ons spelers was uiters gemotiveerd en het met behulp van die begeesterde tuisskare sake in hul guns beklink.”

Paul Roos het skoonskip in sy afdeling gemaak waarna hy in die halfeindronde die Hoërskool Waterkloof met 6-0 gewen het. Die Stellenbossers het ook die Grey-kollege (Bloemfontein) in die eindstryd geklop, al het Grey Philip Henning, Suid-Afrika se voorste junior speler, as ’n speler.

Hoewel die Eikestad-manne se nommereen- en nommertwee­spelers hul enkelspelwedstryde verloor het, het Paul Roos wel die ander vier enkelspelwedstryde gewen. Hulle het ook een dubbelspelwedstryd gewen.

In die uitdunronde het die ­
Stellenbossers afgereken met die Hoër Jongenskool Paarl (8-1), St Stithians (5-4), St Benedict’s (9-0), St David’s (9-0) en Kearsney Col­lege (9-0).

Naas Paul Roos en Grey boaan die punteleer is die rangorde van die ander spanne ná die toernooi soos volg: Waterkloof (3de), St Stithians, Afrikaanse Hoër Seunskool (Pretoria), Hoër Jongenskool Paarl, Pretoria Boys High School, St Benedict’s, Hoër Landbouskool Oakdale, Hoërskool Stellenbosch, St David’s en Kearsney College (12de).

Meer oor:  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.