Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Pheko 4de keer by Majola-week aksie

St. Andrew’s in Bloemfontein se Pheko Moletsane sal die Vrystaat later vanjaar ’n vierde keer op die Khaja Majola-krieketweek verteenwoordig.

Pheko Moletsane in 2017 in aksie vir die SA Colts. Foto: Gallo Images
Ruan Cronjé verlede jaar in aksie vir die SA Colts teen die SA Skolespan. Foto: Gallo Images

Vanjaar se week word van 16-20 Desember by Michaelhouse in KwaZulu-Natal beslis.

Die 18-jarige Moletsane, ’n draaibalbouler, is een van twee spelers in die Vrystaters se span wat vantevore by die week in aksie was.

Die ander een is Ruan Cronjé, wat ook ’n draaier en leerling by Saints is.

Cronjé is ná verlede jaar se week in die SA Colts-span ingesluit, wat toe vir ’n groot opskudding gesorg het deur die SA Skolespan te klop.

Moletsane het op sy beurt die Colts in 2017 verteenwoordig en is vroeër vanjaar na die SA o.19-span toe opgeroep, maar het weens ’n besering nie gespeel nie.

Grey-kollege het vyf spelers in die groep van 13 – die meeste van al die skole.

Een van hulle, Juan-Dee Oliver, was vanjaar ’n gereelde gesig in Grey se eerste rugbyspan as skrumskakel.

Saints het vier spelers in die groep.

Vrystaat: Marco de Kock (Grey-kollege), Reeza Alexander (Saints), Juan-Dee Oliver (Grey), Ruan Cronjé (Saints), Pheko Moletsane (Saints), Lerato Nqoyi (Grey), Corné Viljoen (Saints), Aphiwe Nqwani (HTS Louis Botha), Gordon Taje (Bodibeng), Brian Thaele (Voortrekker-Bethlehem), Lehlohonolo Sethunya (Lereko), Michael Kershaw (Grey), Jean-Pierre Coetzee (Grey).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.