Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Program vir skolerugby gaan voort soos altyd

Gerugte dat die Westelike Provinsie se skolerugbyseisoen eers in Junie vanjaar onderweg gaan kom, is ietwat voortydig, sê Kervin Grove, voorsitter van die WP se hoërskolerugbyunie.

Die huidige knellende droogte het die moontlikheid mee­gebring dat die skolerugby­program die eerste keer in
die geskiedenis nie in April sal begin nie.

“Die bespiegelinge dat die eerste wedstryde eers veel later in die seisoen gespeel sal word, is nie waar nie,” sê Grove.

“Die uitvoerende bestuur van die WP sal wel komende Vrydag ’n besluit in hierdie verband neem.”

Die bespiegelinge dat die eerste wedstryde eers veel later in die seisoen gespeel sal word, is nie waar nie.
Kervin Grove

Volgens hom is daar ’n gevoel en voorstelle dat van die wedstryde afgeskaal moet word omdat die meeste velde tans nie in ’n goeie en speelbare toestand is nie.

Op die oomblik sal die program bly soos dit is met die eerste amptelike wedstryde geskeduleer vir 14 April, sê ­
Grove.

Heelwat skole se velde is nog in ’n betreklik goeie toestand as gevolg van die beskikbaarheid van boorgatwater.

Dit is egter die skole en junior spanne van klubs wat van munisipale terreine gebruik maak wat bedenkinge veroorsaak het oor of daar in April met die wedstrydprogram begin sal kan word.

Die Hoër Landbouskool Boland se jaarlikse Mutual&Federal Agri-rugbydag op 17 Maart gaan egter beslis voort, sê Oloff Bergh, dié skool se sportorganiseerder.

Altesame 27 o. 19-rugbyspanne van die Wes- en Suid-Kaap, asook die Bulspan van Garsfontein (Pretoria), sal elk twee verkorte wedstryde speel.

Meer oor:  Skolerugby  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.