Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Randburg se blitse bo in sewestoernooi

Die Hoërskool Randburg het Saterdag amok gemaak by die Goue Leeus se sewestoernooi waar hy as kampioen gekroon is.

Mickail Adams van Hoërskool Randburg duik oor vir sy welverdiende drie in die halfeindstryd. Foto: Marius Nortjé

Randburg het in ’n taai eindstryd Helpmekaar Kollege met 12-5 uit die weg gevee by die toernooi wat deur Hoërskool Noordheuwel aangebied is.

Die toernooi, wat tussen Randburg, Helpmekaar, Marais Viljoen, Florida, Noordheuwel, Alberton, Dinamika en Krugersdorp High School beslis is, het vir deeglike opwinding gesorg met Randburg wat tydens hul segetog vir Alberton in die halfeindronde uitgeskakel het.

Helpies het op hul beurt weer die gasheer geklop om hul plek in die eindronde vas te maak.

Helpies het vroeg in die eindstryd gelyk of hulle die oorhand het, maar toe Randburg eers sy ritme vind, was dit neusie verby.

Randburg se spoedvrate Jayden Petrus, Maurice Marks en Diego Swartz was drie onstuitbare gifangels wat Helpies ordentlik op hul tone gehou het.

Randburg het met 12-0 voorgeloop kort na rustyd voordat Helpmekaar laat in die wedstryd sy enigste drie ingeryg het.

* In die o.15-eindstryd het Helpmekaar gewys dat dit altyd belangrik is om te speel totdat die skeidsregter sy fluitjie blaas.

Helpies was met enkele sekondes oor met 5-7 agter, maar Florida het ophou speel nadat hy gedink het dat Helpmekaar ’n fout begaan het.

Die skeidsregter se fluitjie het nie geblaas nie en Helpies het die wendrie gaan druk om met 12-7 as oorwinnaars uit die stryd te tree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.