Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Randburg-sewes hou Helpies op hul tone

Die verskeie sewesrugbyspanne in Metro-Beeld-Suid se verspreidingsgebied was Saterdag kookwater toe hulle teen mekaar te staan kom.

Diego Swartz van Randburg seil onder Ruben Eksteen van Helpmekaar in om ’n drie te keer. Foto: Marius Nortjé

Die Goue Leeus se sewestoernooi is by die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp gehou.

Die toernooi is tussen Noordheuwel, Helpmekaar Kollege, die hoërskole Randburg, Marais Viljoen, Florida, Alberton en Dinamika asook Krugersdorp High School beslis.

Helpmekaar se o.17-span het die Nories geklop en Randburg het Alberton in die halfeindronde uitgeskakel.

In die eindstryd het Randburg met 12-5 oor Helpies geseëvier.

Die Helpies se o.15-span het Florida in die doodsnikke van hul eindstryd met 12-7 geklop.

Mickail Adams van Randburg duik oor vir ’n welverdiende drie tydens die kwarteindstryd waar Alberton uitgeskakel is. Foto: Marius Nortjé
Breyton Adams van Noordheuwel is op die aanval en Christiaan Bezuidenhout van Helpmekaar sak op hom toe. Foto: Marius Nortjé
Macneal Lawack van Florida se o.15-span (regs) probeer om vir Keaghan Gouws van Helpmekaar te stuit. Foto: Marius Nortjé

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.