Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Riebies se o.11’s speel beste hokkie in ooste

Die o.11-hokkiespan van die Laerskool Jan van Riebeeck van Springs het onlangs aan die Oos-Gautengse hokkie-uitspeelwedstryde by die Water­stone College in die suide van Johannesburg deelgeneem.

Voor, van links, is Darzelle Duvenage, Chanté Breitenbach, Andrea Groenewald, Chené Oosthuizen, Zané Scheepers en Luré Harmse. In die middel is Danika Groesbeek en Abigail Engelbrecht. Agter is Tyhlo du Toit, Lucia Buitendag (afrigter), Paige Marais (kaptein), Heike Young, Caylee Wilcocks Lerentia Greeff (afrigter) en Nitika Claassen.

Die top-12-skole in Oos-Gauteng het na dié uitspeelwedstryde deurgedring.

Riebies het die Laerskool Rynfield van Benoni in die eindstryd met 2-0 geklop.

“Die span is dus die kampioene van 64 skole,” sê Lucia Buitendag, afrigter.

“Ons het 27 wedstryde in die seisoen gespeel. Uit die 27 wedstryde het ons 24 gewen, in twee gelykop geëindig en slegs een wedstryd verloor.

“Ons het deur die seisoen 96 doele aangeteken en slegs ses doele afgestaan.”

Meer oor:  Springs  |  Skolesport  |  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.