Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
SA Skole skraap deur teen Engeland

Vrot dissipline het so byna die Suid-Afrikaanse Skolerugbyspan teen Engeland gister in Wellington duur te staan gekom.

Henco van Wyk word deur twee Engelse beetgepak.

Die Skolespan het die Engelse met 33-27 geklop in die laaste wedstryd van die internasionale reeks vir o.18-spanne, en ook die reeks onoorwonne afgesluit. Maar daar was ’n paar oomblikke dat dinge broekskeur gegaan het.

Die eerste krake in die tuisspan se mondering het gewys toe hy by meer as een geleentheid nie sy balbesit by losgemale beskerm het nie en onnodige strafskoppe afgestaan het.

Toe gaan staan en loop die vleuel Tharquinn Manuel homself boonop ’n geelkaart vir ’n gevaarlike duikslag op die lyf.

Manuel was skaars af, toe volg die slot Simon Miller in sy voetspore vir ’n oortreding by ’n losgemaal.

Die skeidsregter het ook ’n strafdrie toegeken aan die Engelse, wat seker nie hul geluk kon glo nie.

Halfpad deur die tweede helfte het die Skolespan vlamgevat toe die senter Henco van Wyk oorduik en die tuisspan binne trefafstand plaas. Hoewel Suid-Afrika die wa uiteindelik deur die drif kon trek, het die tyd met 13 spelers op die veld so byna die tuisspan duur te staan gekom.

Punte:

SA Skole 33 (13): Drieë: André-Hugo Venter, Jan-Hendrik Wessels, Henco van Wyk, Gideon van Wyk, Keane Galant. Doelskop: Jurich Claasens. Strafdoele: Claasens (2).

Engeland o.18 27 (19): Drieë: Emeka Ilione. Strafdrie: Orlando Bailey, Matthew Ward. Doelskop: Bailey. Strafdoel: Bailey.

Meer oor:  Wellington  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.