Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Sacs gans te goed vir Steelers

Die South African College High Schools (Sacs) het in ’n saai affêre vir die Zambezi Steelers van Zimbabwe met 43-24 getroef.

Luke McMeeking van Sacs op die aanval teen die Zambezi Steelers van Zimbabwe. Foto: Frans Lombard

Die Kapenaars het nooit nodig gehad om hoër as die tweede rat oor te skakel nie en het binne minute met 12-0 voorgeloop nadat die slotte Jordan Thomas en Enos Ndiao albei gaan druk het.

Die buitesenter Rihaz Fredericks het ook sy naam onder die puntemakers gekry toe hy oor is.

Die Zimbabwiërs se enigste punte in die eerste helfte het gekom toe die regtervleuel Allan Mawande in die hoekie oor is.

Die spanne het gaan water sluk met Sacs voor op 17-5 en die skrif reeds aan die muur vir die besoekers.

Ná die rustyd het Sacs verder skade gemaak toe Thomas sy tweede gaan druk het, terwyl die plaasvervanger-haker Hlumelo Ntweni self die bal langs die pale geplant het. Thomas se slotmaat, Ndiao, het sy kaptein nagedoen en ook sy tweede ingeryg. Die Sacs-heelagter Matthew Hayes het ook sy naam onder die driedrukkers gekry.

Die heelagter Tinashe Hombiro het ná ’n goeie stukkie spel deur die Steelers gaan druk, met die losskakel Thabonga Ngonyamo wat self twee goeie drieë gaan druk het, maar die Zimbabwiërs het hopeloos te laat wakker geskrik om enige bedreiging op die telbord te wees.

Divan Roelofse van die Wêreld XV-tal en Hoërskool Waterkloof op pad na een van sy drieë teen die WP-uitnodigingspan. Foto: Frans Lombard

* Die Wêreld-uitnodigingspan, wat uit Suid-Afrikaanse spelers bestaan het, het die saamgeflanste Westelike Provinsie-uitnodigingspan ’n goeie rugbyles geleer en hulle met 76-29 geslag in ’n drieëfees waar 17 keer agter die pale gekuier is.

Die Wêreld XV het 12 keer gedruk en was na 10 minute reeds met 24-0 voor, wat die grondslag vir die wegholsege gelê het.

Die flank Keke Morabe, asook die agsteman Royden Masters, die slot Jared Taylor en die plaasvervanger-skrumskakel Divan Roelofse het almal twee keer gedruk.

Puntemakers:

Sacs 43 (17): Drieë: Jordan Thomas (2), Enos Ndiao (2), Rihaz Fredericks, Hlumelo Ntweni, Matthew Hayes. Doelskoppe: Matthew Hayes (2), Robin Aspleing (2). Zambezi Steelers 24 (5): Drieë: Allan Mawande, Tinashe Hombiro, Thabonga Ngonyamo (2). Doelskoppe: Hombiro (2).

Wêreld XV-tal 76 (36): Drieë: Keke Morabe (2), Damon O’Connell, Ngia Selengbe, Royden Masters (2), Keane Galant, Sibusiso Shongwe, Jared Taylor (2), Divan Roelofse (2). Doelskoppe: Brandon Wilkie (5), O’Connell (3). WP-uitnodigingspan 29 (5): Drie: Anele Madoli, Hakeem Adams, Byron Maree, HD Stemmet, Kyle Milfad. Verdoel: Mikyle Vraagom (2).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.