Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Saints troef Noord-Kapenaars
JD Bruwer was een van St. Andrew-skool se uitblinkers. Foto: Gallo Images

Die krieketspan van die St. Andrew-skool in Bloemfontein sal die sentrale streek op die nasionale T20-skolekampioenskap in Maart verteenwoordig.

Dit nadat Saints, die Vrystaat-kampioen, Yorkshire (die hoëprestasiesentrum van die Noord-Kaap) Woensdag oortuigend met 62 lopies in die eindstryd in Kimberley geklop het.

Saints het eerste gekolf en ’n stewige 146/9 op die telbord gesit, waarna Yorkshire tot 84 in 19.3 boulbeurte beperk is.

In die Bloemfonteiners se kolfbeurt het veral sy kaptein, JD Bruwer (53, 43 balle), en Reeza Alexander (29, 20 b) die wilgerlat die praatwerk laat doen.

Paseka Jonkers (2/24 in vier boulbeurte) en Boipelo Mancwe (2/27 in vier) was Yorkshire se beste boulers.

Die Noord-Kapenaars se kolwers het in hul kolfbeurt gesukkel, met Mancwe (27, 22 b) wat die beste gevaar het.

Saints se beste boulers was Tristan Wylie (3/12 in drie) en Liam Doherty (2/3 in 1.3).

Die wenspan se afrigter, Gregg Hobson, was ingenome met die oorwinning, hoewel hy daarop wys dat sy span se kolfwerk nie goed was nie.

Tog sal Saints, wat in 2018 die nasionale kampioen was, vertroue put uit die oorwinning.

Die nasionale toernooi word van 6 tot 8 Maart by die Universiteit van Pretoria gehou.

* Grey-kollege se Marco Fouché het die afgelope naweek met sy kolf die rekordboeke in die skolereeks herskryf. Fouché het 170* van slegs 72 aflewerings gemoker in sy span se sege met 180 lopies oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) in Bloemfontein.

Dit was in ’n wedstryd in die Vrystaat-liga. Grey het Sondag in die eindstryd teen Saints vasgeval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.