Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Seun van Springs stoei weer in Estland

Fernando Booysen (16), die wêreldkampioen-stoeier van Ekurhuleni, sê dié sport het hom geleer om nederig te wees en ander te respekteer.

In dié foto trek Fernando Booysen vir Daiziel Detudamo van Nauru plat tydens die Olimpiese Jeugspele. Die Spele is in Oktober verlede jaar in Buenos Aires, Argentinië, gehou. Foto: FACEBOOK

“Ek het ook geleer daar sal altyd iemand beter as jy wees,” sê Fernando, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Hugenote in Springs.

Dié stoeier was verlede jaar die enigste Suid-Afrikaner wat ’n eerste plek by die Tallinn-ope in Estland – die grootste stoeitoernooi in Europa – behaal het.

Hy is weer gekies om van 29 Maart tot 4 April aan dié ope deel te neem.

Fernando sal in die vrystyl-gewigklas (55 kg) meeding.

Sowat 19 ander Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 11 en 17 neem ook aan die ope deel.

“Die Amerikaners en die Europeërs, veral die Oosblok-lande, is my grootste kompetisie,” sê hy.

’n Mens kan net aanneem dat dié stoeiers net so bang vir Fernando is, siende dat hy verlede jaar vir die 22ste keer die Suid-Afrikaanse kampioen was en in dié jaar die Afrika-kampioen- skap vir die tweede keer gewen het.

Hy sê sy suksesresep is om seker te maak hy bly fiks en sterk genoeg en dat sy tegnieke goed ingeoefen is.

“Ek eet ook oor die algemeen gesonde kos soos hoender, pasta, eiers en vis.

“Ek drink nie regtig baie gaskoeldrank nie, want dis nie goed vir my stoei nie. Ek drink baie water.”

Ek sal in ’n mediese rigting wil studeer, soos sportwetenskap, fisioterapie of biokinetika.

Sy grootste geheim is egter dat hy in homself en sy vermoëns glo.

“Ek weet ek is voorbereid en ek het hard genoeg gewerk. Ek het alles moontlik gedoen om vir die kampioenskap voor te berei,” sê Fernando.

Dié stoeier wil ná skool in Amerika studeer.

“Sover gaan alles volgens plan. Ek gaan in Junie volgende jaar Amerika toe om beurse te kry.

“Ek sal in ’n mediese rigting wil studeer, soos sportwetenskap, fisioterapie of biokinetika.”

Hoe kies so ’n talentvolle stoeier tussen die sport en sy studies?

“Ek sal tegelykertyd stoei en studeer.

“Ná my studies sal ek voltyds stoei totdat ek nie meer kan nie en dan ’n ander loopbaan nastreef,” sê Fernando.

  • Indien jy Fernando wil borg om aan die Tallinn-ope deel te neem, kan jy Gerhard Coetzer, voorsitter van Noord-Gauteng Stoei, by 083 633 2094 bel of ’n e-pos na g@orangeimpact.co.za stuur.
Meer oor:  Ekurhuleni  |  Springs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.