Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Skoleatletiek kry nuwe byeenkoms

Skoleatletiek het Woensdag ’n groot hupstoot gekry met die aankondiging van die Superskolereeks, wat in September sy nasionale buiging sal maak.

Die Superskole-atletiekreeks sal in September begin.

Die reeks, wat deur die koeldrankvervaardiger Twizza geborg word, sal vir o.16- en o.19-atlete van skole oor Suid-Afrika heen wees.

Pretoria en Kaapstad sal albei gasheer speel vir ’n streeksbyeenkoms om die voorste 40 skolespanne in elke streek te identifiseer.

Die byeenkoms in Pretoria sal op 19 September plaasvind, met skole uit Gauteng, Noordwes, Noord-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo wat spanne kan inskryf.

Die byeenkoms in Kaapstad sal op 5 Oktober gehou word met skole uit die Wes-Kaap en Oos-Kaap wat hier sake sal uitspook.

Die voorste 40 spanne uit elkeen van dié byeenkomste sal dan kwalifiseer om op 1 Februarie in 2020 met mekaar swaarde te kruis om die wenner te bepaal.

Die wenners sal volgens ’n puntestelsel bepaal word.

Die items tot dusver op die lys, sluit die 100 m, 200, 400, 800, 1 500, kort-hekkies, lang-hekkies, verspring, driesprong, hoogspring, gewigstoot, diskus en spiesgooi in.

“Atletiek is ’n groot sport in Suid-Afrikaanse skole en het groot talentpoele op junior en senior vlak,” het Ajee Valentine, Twizza se nasionale borgskapsbestuurder, in ’n verklaring gesê.

Twizza, wat vanjaar die nasionale o.18- en o.20-kampioenskap geborg het, het vanjaar ’n eerste proesel van skoleatletiek gekry en glo dis ’n goeie sport om by betrokke te raak.

“Die jeug- en junior kampioenskap was die perfekte bekendstelling tot atletiek. Ons is opgewonde om ons betrokkenheid by die opwindende sport verder op skolevlak uit te brei deur Twizza se Superskolereeks van stapel te stuur.”

Valentine voeg by dat dié reeks aan toekomstige atlete ’n goeie platform sal gee om aan gesonde kompetisie deel te neem en boonop hul skole te verteenwoordig.

“Die wenner sal amptelik as Suid-Afrika se beste atletiekskool aangewys word.”

Stillwater Sports sal Twizza ook bystaan in die reeks.

“Ons is opgewonde om saam met Twizza die Superskolereeks aan te bied,” het Michael Meyer, besturende direkteur van Stillwater Sports, gesê.

“Nie net sal die reeks aan atlete die geleentheid bied om op ’n hoër vlak mee te ding nie, maar dit sal ook die volgende generasie van atlete blootstel aan die werking van groot reekse, van wagkamers tot uitdunne en eindrondes, om nie te praat van die aspek van reis nie.”

Meer oor:  Atletiek  |  Superskolereeks  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.