Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Garsies, Monnas lei Noorde se aanslag

Die Hoërskole Garsfontein en Monument sal die Noorde se aanslag lei by die Marius Schoeman Sewes-toernooi wat by Paarl Gimnasium gehou word.

Jurich Claassens van Hoërskool Garsfontein op pad doellyn toe teen Pretoria Technical High School by die Blou Bulle Sewes-toernooi.Foto: Wim Pretorius
Die toernooi is nog nat agter die ore, maar reeds die grootste en belangrikste enkele sewestoernooi op skolevlak in Suid-Afrika.

Garsies se BlitzBere het verlede week koning op die jaarlikse Sutherland Sewestoernooi in die Jakarandastad gekraai en dit toe opgevolg met nog ’n onstuitbare veldtog by die Blou Bulle se sewes-toernooi by Montana.

Garsfontein is waarskynlik in die moeilikste groep geloot.

Garsies is saam met HTS Drostdy, Outeniqua, Namibië en Melkbosstrand in Groep C geloot. 

Die span van Pretoria se SA Skole-skrumskakel, Jurich Claassens, het met die toekenning as Speler van die Toernooi tydens die Sutherland-toernooi weggestap en was by Montana weer ’n gifangel.

Monnas is saam met Overberg, Albert Myburgh, Prieska en Paarl Boishaai in Groep B geloot. 

Die span van Krugersdorp behoort nie te veel probleme te ondervind om bo-aan die groep te eindig nie. Hy behoort wel sterk teenstand van Boishaai te verwag.

Die verdedigende kampioen, Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch, behoort nie veel probleme in sy groepwedstryde te ervaar om sy plek in die uitspeelwedstryde te verseker nie.

Die span van die Eikestad is saam met Parel Vallei, Vuka Legends, die Hoërskool Tygerberg en Malibu geloot.

Tygerberg kan wel ’n moeilike hekkie vir Paul Roos wees. Tygerberg het in 2010 en 2011 nie sy gelyke op skoolvlak in sewes gehad nie. Die span met sy breier, Gavin Beresford, aan die stuur het die vermoë om vir ’n verrassing of twee te sorg.

Paul Roos is die nasionale seweskampioen nadat hy verlede jaar die eerste Hoërskole Sewesreeks se Kampioen van Kampioene-toernooi gewen het.

Dié span se breier, Ian Campbell-McGeachy, was betrokke by die loting van die groepe vir die Marius Schoeman-toernooi.

Die gasheer, Paarl Gimnasium, is saam met Brackenfell, Douglas, Primrose RFC en Hugenote van Wellington in Groep A geloot. Die eerste wedstryd van die toernooi sal heel gepas tussen Gimmies en Hugenote wees. 

Marius Schoeman is ’n oud-leerling van Paarl Gimnasium, terwyl Hugenote die Blitsbok Juan de Jongh opgelewer het.

Grey-kollege van Bloemfontein behoort weer ’n sterk aanspraakmaker op die titel te wees. Veral die span se wedstryd teen Boland Landbou behoort vir heelwat vuurwerk te sorg.

Boland Landbou het verlede jaar vir Grey in die kwarteindronde op omstrede wyse in die toernooi uitgeskakel. Die span van die AgterPaarl behoort ook een van die spanne te wees om dop te hou.

* Die Groepe is:

Groep A: Paarl Gimnasium, Brackenfell, Douglas, Primrose RFC, Hugenote (Wellington).

Groep B: Monument, Overberg, Albert Myburgh, Prieska, Hoër Jongenskool Paarl.

Groep C: Outeniqua, Namibië, Melkbosstrand, HTS Drostdy, Garsfontein.

Groep D: Paul Roos Gimnasium, Parel Vallei, Vuka Legends, Tygerberg, Malibu.

Groep E: Stellenberg, Hermanus, Western Cape Sport School, Paulus Joubert, Paarl Barbarians.

Groep F: Grey-kollege, Durbanville, Be the Difference, Boland Landbou, Milnerton.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.