Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Talle rekords spat by Noordheuwel

Terwyl die ysbere hul tande gewys het oor die naweek, het atlete weer hul spykerskoene afgestof vir vuurwarm atletiek by die Barry Lok-byeenkoms by die Hoërskool Noordheuwel.

Randburg se Kayla la Grange het gewys dat sy slaggereed is vir die atletiekseisoen nadat sy die 200 m vir o.15’s in ’n haastige tyd van 23.09 sekondes voltooi het.

Jolene van der Walt van die Hoërskool Randburg het die o.14’s se 90 m-hekkies gewen in ’n splinternuwe byeenkomsrekord van 13.02 sekondes by die Barry Lok-atletiekbyeenkoms. Foto: Marius Nortjé

Sy het hiermee nie net die vorige rekord verbeter nie, maar ook die voltal van 1 200 punte op die Absa-tabel behaal op pad na haar goue medalje wat sy gemaklik verower het.

Die Hoërskool Waterkloof se Cassidy Lacy het met die silwer in dié nommer weggestap in 24.44 sek.

Lacy het self die vorige rekord verbeter en boonop goud vir die Klofies in die 100 m gewen nadat sy die wenstreep in 11.56 sek., ook ’n nuwe rekord, oorgesteek het.

La Grange was hier derde in 11.72 sek.

Dan kan die naam van die jong Ulrich van Tonder ook gerus neergepen word.

Dié Garsie, wat eintlik nog o.13 is, het saam met die seuns in die o.14’s se afdeling aangetree in die spiesgooi.

Hy het die maatband tot ’n skitterende afstand van 55,34 m laat strek en sodoende ook die boonste trap op die podium beklee.

Sy naaste teenstander was die Nories se Ayden de Beer, wat silwer gevat het met 41,81 m.

Nog ’n Garsie, Reghardt Botha, het met die louere weggestap in die o.17’s se spiesgooi waar hy die spies laat land het kort voor die 70 m-merk.

Sy uitslag van 68,55 m het aan hom goud en ’n nuwe byeenkomsrekord besorg.

Zonica Lindeque van Randburg het ook gewys dat sy honger is om weer mee te ding. Sy het met twee goeie vertonings in die o.15’s se gewigstoot en spiesgooi vorendag gekom.

Sy het die gewigstoot gewen met ’n nuwe rekord van 15,65 m en ook met eerste geëindig in die diskus met ’n afstand van 41,91 m en ’n nuwe rekord. Haar skoolmaat, Jolene van der Walt het ’n eerste plek in die 90 m-hekkies vir o.14’s behaal in ’n rekordtyd van 13.02 sek.

Garsfontein se Matt Nortjé was ook loshande die vinnigste in die o.17’s se 200 m waar hy gewen het in 10.84 sek. en ook die rekord agter sy naam geskryf het.

Prestige College van Hammanskraal se Rappie Nkhahle was die naaste aan hom in 21.94 sek.

Nkhahle het eerste plekke in die 100 m (10.80) en 400 m (51.90) behaal.

Die Hoërskool Noordheuwel se Dané Roets was oudergewoonte een van die groot uitblinkers en het die gewigstoot vir o.17 gewen met ’n afstand van 17,16 m.

Dit was byna drie meter voor Christelle Grobler van Kempton Park, wat naasbeste was met 14,40 m.

Roets was ook baas in die diskus met ’n afstand van 43,45 m, met Grobler wat hier ook silwer gewen het met 40,40 m.

Meer oor:  Skoleatletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.