Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Tralies betrek Maties se ‘karatemeester’

’n “Karatemeester” met die bynaam Miyagi is onlangs as die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein se nuwe direkteur van rugby aangestel.

Die 38-jarige Ian Campbell-Mc Geachy neem die leisels oor by Riaan van Straten, wat einde Januarie die tuig neergelê het.

Ian Campbell-Mc Geachy is die Hoërskool Sentraal se nuwe direkteur van rugby. Foto: Mlungisi Louw

Campbell-Mc Geachy is ’n voormalige afrigter van die Maties se sewesrugbyspan en word as een van die voorste afrigters in die land in die korter weergawe van die spel beskou.

Hy vertel dat Paul van Blommestein, ’n voormalige skeidsregter, hom as jong seun die bynaam by die Stellenbosch Akademie vir Sport (SAS) gegee het. Dit omdat Van Blommestein nie sy van kon uitspreek nie en hy toe as’t ware na die karakter Mr. Miyagi in die Karate Kid-films genoem is.

Vir Campbell-Mc Geachy is sy terugkeer na Bloemfontein ’n geleentheid om huis toe te kom. Hy is in die Rosestad gebore en het aan die Hoërskool JBM Hertzog (deesdae die Hoërskool Bloemfontein) gematrikuleer.

Die Maties se sewesspan was onder sy leiding die laaste paar jaar die voorste universiteitespan in die land. Bekende sewesspelers soos James Murphy (Blitsbokke) en Kyle Steyn (Skotland) is deur sy hande.

Campbell-Mc Geachy was ook betrokke by die afrigting van Paul Roos Gimnasium se sewesspan.

Ian Campbell-Mc Geachy het baie sukses met die Maties se sewesrugbyspan behaal. Foto: Mlungisi Louw

By die Tralies gaan hy nie direk by die afrigting betrokke wees nie.

“Die uitdaging by die skool is om uiteindelik goeie spelers in die eerste span te hê. Ek gaan orals probeer help, maar die eerste span is maar die vlagskip. Ek sal hulle die nodige ondersteuning gee wat hulle nodig het,” sê hy.

Volgens Campbell-Mc Geachy gee sy terugkeer na die Rosestad hom die geleentheid om sy kennis terug te ploeg.

“Daar is ’n groot verskil tussen Bloemfontein en Stellenbosch. Ek het die uitdaging aanvaar en baie van my vriende meen dit is wat ek nodig het om te groei.

“Maar dit wat ek in my 13 jaar daar ervaar het, gaan ek nou hier inploeg.”

*Hy is ook die medeskrywer van twee boeke oor rugby.

Meer oor:  Skolerugby  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.