Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Transvalia 3de keer in ry bobaas

Die Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark se gholfspan het verlede week die eerste plek in die Vaaldriehoek-gholfliga beklink.

Hulle het meer as 70 punte voor hul naaste teenstanders geëindig.

Die tiende en laaste toernooi is op die Vaal de Grace-baan net buite Parys gehou.

Van links voor is Aiden Leeb, Nerike Bosch, Kayla Abbott, Jordyn Badenhorst, Dilen de Beer en Walter Berrington (afrigter). Agter is André Fritz (spanbestuurder), JP van Dyk, Ethan Vrey, Durandt Theunissen, Henre Proctor, Martin Papworth en Erich Blome.

“Dis die derde agtereenvolgende jaar dat ’Valia dié groot prestasie behaal,” sê Tiaan Valentine, woordvoerder van die skool.

Transvalia verteenwoordig die Vaaldriehoek-hoërskoleliga dus vir die derde agtereenvolgende jaar by die Noordvaal-eindstryd, waar die beste skole in KwaZulu-Natal ook gaan deelneem.

Aiden Leeb, ’n leerling aan die skool, het die liga met ’n skitterende 68 – vier houe onder die baansyfer – afgesluit.

“Sy gemiddelde houe is ook die beste en hy is nou die Vaaldriehoek se beste hoërskoolspeler in 2018,” sê Valentine.

Boonop is vyf van die agt spelers in die Vaaldriehoek-gholfspan Transvalia-seuns. Hulle is Leeb, Rudie Haasbroek, Ethan Vrey, Martin Papworth en JP van Dyk.

Hulle sal ná die Noordvaal-eindstryd aan die Suid-Afrikaanse hoër­skoletoernooi deelneem en teen die land se beste junior gholfspelers te staan kom.

Meer oor:  Vanderbijlpark  |  Gholf  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.