Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Boishaai t. Gim: Vloek van 150 besweer

Die vloek van die 150 is gister in die Faurestraat-stadion in die Paarl deur Boishaai verjaag. Die Hoër Jongenskool Paarl se eerste rugbyspan het vir die eerste keer in die geskiedenis van die grootste interskole ter wêreld daarin geslaag om vir vier jaar op ’n ry Paarl Gimnasium ore aan te sit.

Boishaai was met 24-21 baas, maar die wedstryd se uitslag was nie so hittete as wat die punteverskil vertel nie. Kliphard was die stryd steeds.

Vreugde! Die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) se eerste span ná?gister se oorwinning van 24-21 in die interskole-wedstryd oor Paarl Gimnasium in die Faurestraat-stadion in die Paarl. Dit was Boishaai se vierde opeenvolgende sege oor Paarl Gimnasium en die ideale afskeidsgeskenk vir hul gevierde afrigter, Sean Erasmus (middel). Foto: Jaco Marais
Paarl Boys’ High team during the Interschools match between Paarl Boys High and Paarl Gimnasium at Paarl Boys High on August 04, 2018 in Paarl, South Africa. Foto: Thinus Maritz/Gallo Images
Javier Farmer of Paarl Boys’ High during the Interschools match between Paarl Boys High and Paarl Gimnasium at Paarl Boys High on August 04, 2018 in Paarl, South Africa.Foto: Thinus Maritz/Gallo Images

Boishaai het soos ander groot honde soos Grey-kollege en Paul Roos ook tydens sy 150ste bestaansjaar nie sy beste seisoen beleef nie. Hy het vanjaar al teen die Jaquares (10-19), Paul Roos (8-44), Grey (20-34) en Oakdale Landbou (29-47) die knie gebuig.

Boishaai se hoofafrigter, Sean Erasmus, kon egter nie gister vir ’n beter afskeidsgeskenk gevra het nie. Erasmus sluit hom in Oktober by die Leeus aan.

Gimmies het eerste bloed getrek toe sy kaptein en binnesenter, Dawid Kellerman, vir sy eerste drie oor die doellyn gebars het. Kellerman het ’n uitstaande vertoning gelewer en ’n mens kan net wonder hoe hy nie die SA Skole-span gehaal het nie.

Boishaai het ondanks ’n geelkaart vir sy skrumskakel, Simon Carstens, steeds bly veg om rustyd met 10-7 voor te wees. Gimmies kon glad nie voordeel op die telbord uit Carstens se tyd in die koelkas trek nie.

Carstens was skaars terug op die veld toe Boishaai se SA Skole-agtsteman, Evan Roos, een van die mooiste drieë nog in ’n Paarlse interskolestryd gedruk het.

Gim het hierna goed teruggeveg danksy veral Kellerman en die kantman Pierich Siebert. Roos was sonder twyfel die groot doring in Gimmies se vlees, terwyl Trent Sivertsen en die kaptein en slot, Adrian Alberts, ook ’n klop op die skouer verdien.

In Durban was daar niks tussen die spanne van Glenwood en Grey-kollege te kies nie. Die twee spanne het met 25-elk gelykop gespeel.

Albei spanne het weens die uitslag hul onoorwonne status behou. Glenwood het een wedstryd Donderdag teen Waterkloof oor, terwyl Grey oor twee naweke teen Paul Roos Gimnasium te staan kom.

Paul Roos is volgens School of Rugby se ranglys die voorste skolespan in Suid-Afrika, terwyl Grey en Glenwood onderskeidelik die tweede en derde posisies beklee. Paul Roos het Saterdag vir Boland Landbou op sy tuisveld in die Eikestad met 30-15 verslaan.

Transvalia van Vanderbijlpark het in die Virsekerbeker ondanks ’n nederlaag van 20-22 teen Garsfontein in Pretoria daarin geslaag om tot die halfeindronde deur te dring.

Transvalia het slegs ’n bonuspunt benodig om sy plek in die uitspeelrondes te verseker. Transvalia sal nou teen Helpmekaar in Johannesburg in die halfeindronde te staan kom.

Helpies het boaan die puntelys geëindig, maar sy enigste nederlaag van die reeks was teen daardie einste span van Vanderbijlpark.

Helpies het met die skitterende slot Michael Amiras aan die spits vir Monument met 27-18 uitoorlê.

Die vleuel Christiaan Bezuidenhout het sy naam in die rekordboeke van Helpies verewig deur vir sy 17de drie dié seisoen oor te duik. Dit is ’n seisoenrekord vir sy skool se eerste span.

Menlopark het EG Jansen met 52-28 kafgedraf.

Die Nelspruit Rhinos is Mpumalanga se voorste span na hy HTS Middelburg se Rooi Bulle met 41-14 getem het.

Eldoraigne het met ’n klinkende sege van 33-19 oor Marais Viljoen in Alberton seker gemaak dat hy boaan die Plaat-afdeling van die Virsekerbeker eindig.

Skolerugby-uitslae

VIRSEKERBEKER

Afdeling 1 – Beker: Garsfontein 22, Transvalia 20; Helpmekaar 27, Monument 18; Menlopark 52, EG Jansen 28; Hoërskool Nelspruit 41, HTS Middelburg 14. Plaat: Eldoraigne 33, Marais Viljoen 19; Noordheuwel 20, Montana 17; Kempton Park 24, Hoërskool Rustenburg 24; Zwartkop 21, Centurion 16. Skild: Ben Vorster 21, Hoërskool Pietersburg 15; Oos-Moot 74, Jeugland 14; Lichtenburg 34, Hugenote (Springs) 0.

Afdeling 2 – Kwarteindronde: Secunda 33, Dr. Malan 22; Die Anker 36, Potchefstroom Volkskool 34; Hoërskool Alberton 49, Wesvalia 15; Frikkie Meyer 38, Randburg 22.

Afdeling 3 – Kwarteindronde: Leeuwenhof 21, Schoonspruit 17; Brandwag (Benoni) 12, Riebeeckrand 8; HTS Carel de Wet 36, Curro Heuwelkruin 31; Louis Trichardt 34, Stoffberg 26.

Afdeling 4 – Kwarteindronde: Koster 22, Maragon Mooikloof 20; Morgenzon Landbou 68, Swartruggens 6; Stella 66, Voortrekkerhoogte 7; Heilbron 31, Voortrekker (Boksburg) 18.

WES-KAAP

HJS Paarl 24, Paarl Gimnasium 21; Paul Roos Gimnasium 30, Boland Landbou 15; Oakdale Landbou 33, Framesby 6; Outeniqua 47, Durbanville 13; HTS Drostdy 40, Noord-Kaap 22; Stellenberg 24, Tygerberg 7; Bishops 22, SACS 20; Hermanus 28, Strand 15; Wynberg Boys’ High 24, Rondebosch Boys’ High 22; DF Malan 64, Monumentpark 0; Brackenfell 18, Hugenote (Wellington) 14; HTS Bellville 28, Hottentots-Holland 0; President 17, Edgemead 17.

VRYSTAAT

Louis Botha 47, Sentraal 15; Brandfort 26, St Andrew 24; Welkom Gimnasium 30, Goudveld-Hoërskool 8; Bothaville 20, Riebeeckstad 19; Hoopstad 25, Bultfontein 17.

NOORDVAAL

Affies 62, Pretoria Boys’ High 20; King Edward VII 28, Maritzburg College 17; Parktown Boys’ High 38, Jeppe High School 24; Allen Glen 43, Warmbad 31; Wolmaransstad 38, Carletonville 18; Schweizer-Reneke 21, Frans du Toit 20; Zeerust 32, Belvedere 20.
KWAZULU-NATAL/OOS-KAAP

Glenwood 25, Grey-kollege 25; Selborne College 66, Dale College 17; St. Andrew’s College 57, Queen’s College 19; Nico Malan 18, Brandwag (Uitenhage) 14.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.