Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Vonke uit 9-jarige se stok

Die 9-jarige Zinan Maimane (TuksGholf) is nie altyd gelukkig wanneer sy ma vir hom sê om die televisie af te sit of sy videospeletjies weg te pak nie, maar wanneer hy eers ’n gholfstok in die hand het, moet sy hom soebat om huis toe te kom.

Dié jong man het beslis talent. Gedurende die onlangse Junior Afrika-uitdaagtoernooi wat by die San Lameer-buiteklub gespeel is, het hy die o.10-afdeling gewen. Hy is ook gekies om aanstaande maand Gauteng-Noord se o.13-span by die Nomads-toernooi te verteenwoordig.

Zinan Maimane (9) het reeds as gholfspeler naam gemaak, maar hy wil nog baie by sy afrigter, Bradley Nienaber, leer. Foto: Reg Caldecott

Zinan laat homself nie net in plaaslike toernooie geld nie. Hy het in ’n junior toernooi in Skotland vierde geëindig nadat hy oor die eerste twee rondes die voorloper was. As agtjarige was hy in ’n internasionale toernooi in die VSA 41ste uit 118 spelers. Dit was die eerste keer dat hy internasionaal deelgeneem het.

Sy ma, Lesego, vertel dat hy as vierjarige begin het om gholfstokke rond te swaai, maar dat sy en haar man, OJ, nie eintlik aandag daaraan gegee het nie.

“Ons ouer seun was op daardie stadium ’n ywerige gholfspeler, so ons het hom ondersteun. Sy passie vir gholf het intussen getaan terwyl Zinan al hoe meer toegewyd begin raak het.

“Wanneer ons by die gholfbaan stop, is hy heeltemal gefokus. Wanneer ek sê kom ons gaan huis toe, is sy antwoord gereeld dat ek nog ’n bietjie moet wag, want hy wil nog ’n paar houe speel om sy tegniek te verbeter. Hy is ’n klein perfeksionis.”

Zinan skryf sy sukses toe aan die afrigting wat hy TuksGholf kry.

“Voor Zinan by TuksGholf begin oefen het, het hy met sy setwerk en kortspel gesukkel. Bradley Nienaber (afrigter) het hard daaraan gewerk om hom te help om die fynere kunsies daarvan te bemeester en om met groter selfvertroue te speel.”

Wanneer ek sê kom ons gaan huis toe, is sy antwoord gereeld dat ek nog ’n bietjie moet wag, want hy wil nog ’n paar houe speel om sy tegniek te verbeter.

Om Zinan sover te kry om oor sy liefde vir gholf te praat, is moeilik. Sy antwoord op die eerste vraag is net ’n diep sug. Die boodskap is duidelik dat hy nie daarvan hou om gepla te word wanneer hy oefen nie.

Die tweede vraag waarom hy van gholf hou, word ook met ’n sug beantwoord. Maar uiteindelik sê hy hy hou van die uitdaging. Geen dag op die gholfbaan is glo ooit dieselfde nie. Daar is altyd iets nuuts om te bemeester. En nee, hy het dit nooit oorweeg om sokker of enige ander sport te speel nie.

Nienaber sê die grootste uitdaging wanneer hy Zinan en ander jong spelers afrig, is om seker te maak hulle geniet dit wat hulle doen. Dit is ’n geval van leer terwyl jy speel.

Meer oor:  Tuksgholf  |  Zinan Maimane  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.