Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Vossies, Nellies 1ste slaags in Virsekerbeker

Dis die Buffels teen die Rhinos wat die Virsekerbeker-reeks se Plaat-afdeling sal begin wanneer die Hoërskool Ben Vorster vir die Hoërskool Nelspruit in die reeks se eerste stryd aansê.

Gaan dit weer pure vreugde vir Vossies wees? Die Hoërskool Ben Vorster sal die verdediging van sy titel as kampioene van die Virsekerbeker se Plaat-afdeling teen Hoërskool Nelspruit begin.Foto: Frans Lombard

Die span van Tzaneen, wat in 2019 vir die Hoërskool Eldoraigne as kampioene onttroon het, sal die verdediging van sy titel op 18 April in sy agterplaas begin.

Vir Nelspruit sal dié stryd ’n geleentheid wees om die bordjies te verhang nadat hy verlede jaar naelskraap met 33-35 teen die Vossies vasgeval het nadat hy nie aan ’n 33-20 voorsprong kon vashou nie.

Die Vossies sal veral sy eerste drie wedstryde, wat almal tuis is, teiken as moet-wen om sy aanslag op die regte noot te begin en momentum te bou voordat hy in sy eerste wegwedstryd vir die Hoërskool Rustenburg aanvat.

Die Vossies het drie moeilike tuiswedstryde waarmee hy die reeks begin, want nadat hy vir Nelspruit gepak het, speel hy teen die Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark en sal hy ook vir die Hoërskool Kempton Park inwag.

Die Vossies het egter vanjaar weer een groot trekpleister in sy arsenaal in die vorm van sy losvoorspeler Renzo du Plessis.

Plessis was een van die groot uitblinkers in die 2019 o.18 Cravenweek-toernooi en sal vanjaar wil wys sy peil was nie ’n gelukskoot nie.

Transvalia was verlede jaar nog in die Beker-afdeling, maar is gerelegeer tot die Plaat-afdeling nadat hy laaste op die algehele punteleer geëindig het.

Hulle sal dus van meet af ’n stelling wil maak.

Eldoraigne, wat verlede jaar in die eindstryd met 3-36 deur die Vossies geklop is, sal nie vanjaar weer sy slag in Plaat-afdeling wys nie en sal sake in die Skild-afdeling uitspook.

Die Hoërskool Montana sal in 2020 wil wys dat hy al die pad kan gaan.

Die Monties het verlede jaar boaan die punteleer geëindig nadat die groepwedstryde afgehandel is, maar toe teen Eldoraigne met 23-29 die knie gebuig in die halfeindronde.

Die Hoërskool Zwartkop se eerste rugbyspan sal ook wil vergoed vir sy poging in 2019 waar hy net een van sy sewe kragmetings in die reeks kon wen.

Die Zwarries was baas in hul eerste wedstryd teen Kempton Park, maar het daarna harde bene gekou.

* Plaat-afdeling se bepalings (tuisspanne eerste):

18 April: Ben Vorster t. Nelspruit.

25 April: Kempton Park t. Nelspruit; Ben Vorster t. Transvalia.

2 Mei: Zwartkop t. Hoërskool Middelburg; Rustenburg t. Montana; Transvalia t. Kempton Park.

9 Mei: Nelspruit t. Montana; Transvalia t. Zwartkop; Ben Vorster t. Kempton Park; Hoërskool Middelburg t. Rustenburg.

16 Mei: Nelspruit t. Hoërskool Middelburg; Rustenburg t. Ben Vorster; Montana t. Transvalia.

23 Mei: Zwartkop t. Rustenburg; Hoërskool Middelburg t. Ben Vorster; Kempton Park t. Montana.

11 Julie: Rustenburg t. Nelspruit; Montana t. Zwartkop; Hoërskool Middelburg t. Kempton Park.

18 Julie: Kempton Park t. Zwartkop; Montana t. Hoërskool Middelburg.

25 Julie: Nelspruit t. Transvalia; Zwartkop t. Ben Vorster.

1 Augustus: Nelspruit t. Zwartkop; Montana t. Ben Vorster; Kempton Park t. Rustenburg; Transvalia t. Hoërskool Middelburg.

Meer oor:  Skolerugby  |  Middelburg  |  Virsekerbeker  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.