Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
VS verloor, maar ‘op koers vir Cravenweek’

Die Vrystaat se Cravenweekspan beskou dit geensins as ’n krisis dat hy die afgelope naweek by die bondedag teen die Blou Bulle verloor het nie.

Nabo Sokoyi, heelagter van Vrystaat se Cravenweekspan. Foto: Frans Lombard

Só sê Bobby Joubert, agterlynafrigter van die Vrystaters, nadat sy span Saterdag naelskraap met 38-40 in Magaliesburg vasgeval het.

“Dit was ’n oefenwedstryd en ons het ’n paar proefnemings gemaak. Ons het wel ons beste spelers laat speel, maar die Bulle was die beter span op die dag,” sê hy.

Die Cravenweek-toernooi begin oor twee weke, op 1 Julie in Bloemfontein.

Die Vrystaat het Saterdag teen rustyd gerieflik met 26-14 voorgeloop, nadat hy vier keer in die eerste helfte gaan druk het.

Tog het die Bulle, wat segeloos by verlede jaar se Cravenweek was, in die tweede helfte teruggeveg.

Joubert beskou juis die Pretorianers en Westelike Provinsie as die spanne om volgende maand dop te hou. Die Vrystaat het hierdie week ’n ruskans, voordat hy weer volgende week sal saamtrek om sy voorbereiding vir die Cravenweek af te sluit.

Joubert sê daar sal aandag gegee word aan die span se verdediging en spel tydens afskoppe. Geen van die spelers het beserings opgedoen nie.

* Griekwas het die Luiperds Saterdag in Vryburg met 40-24 geklop.

Die Poubloues se agterlyn-afrigter, Jaco Dames, is tevrede met sy span se voorbereiding vir die Cravenweek.

“Ons was baie goed in die eerste helfte, maar het effens uitgesak later in die wedstryd. Maar ek is tevrede, spelers soos die slotte, Herman Visser en Niel Swartz, die agtsteman, Stefan Swart, en die heelagter, Elzandro Fredericks, het goed vertoon,” sê Dames.

Die Poubloues het die volgende paar dae af, voordat hulle weer op Woensdag 26 Junie in Kimberley saamtrek vir ’n oefenkamp. Daar sal volgens Dames dan aandag gegee word aan veral hul verdediging en om balbesit te beskerm.

* Die Griffons was nie die afgelope naweek in aksie nie, maar het ’n oefenkamp in Bothaville gehad. Die Perses sal weer van 27 Junie af saamtrek om hul voorbereiding vir die Cravenweek af te sluit.

Meer oor:  Cravenweek  |  Skolerugby  |  Vrystaat  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.