Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Wildeklawer-toernooi duik in hek
Stravino Jacobs in aksie vir Paarl Gimnasium tydens die Wildeklawer-toernooi in 2019 in Kimberley. Foto: Gallo Images

Weens die derde vlaag van die pandemie is vanjaar se Wildeklawer-skoletoernooi, wat van 7 tot 9 Augustus in Kimberley sou plaasgevind het, gekanselleer.

Dié aankondiging is Vrydag in ’n verklaring deur die organiseerders gemaak.

Gegewe die opskorting van kontaksport op skolevlak deur die departement van basiese onderwys in Mei en geen aanduiding dat dit gou weer toegelaat gaan word nie, was die nuus te wagte.

Luidens die verklaring was daar ook, selfs al sou die verbod opgehef word, van die deelnemende skole wat ongemaklik daarmee was dat die toernooi voortgaan.

Aanvanklik was die plan dat die toernooi, waar rugby en netbal gespeel word, in April vanjaar beslis word, maar dit is in Januarie na Augustus uitgestel.

Die plan is dat 2022 se toernooi aan die einde van April gehou sal word. – Sportredaksie

Meer oor:  Skolerugby  |  Wildeklawer-Toernooi  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.