Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
14-jarige word VSA se jongste beroepspeler
Freddie Jacobs, die jongste professionele sokkerspeler in Amerika tot nog toe. Foto: Twitter | Orange County SC

Die 14-jarige Amerikaner Francis Jacobs het Dinsdag die jongste beroepspeler in Amerikaanse sokker geword toe hy ’n kontrak met die Orange County-klub gesluit het.

Jacobs, wat 14 jaar, vier maande en 29 dae oud is, kan reeds Saterdag sy debuut vir die Kaliforniese klub, wat in Amerika se tweede liga (die United Soccer League) meeding, teen Las Vegas Lights FC maak.

“Francis is ’n jong, begaafde speler en ek is baie opgewonde daaroor dat hy hom by ons span aangesluit het,” sê Braeden Cloutier, afrigter van Orange County.

“Ek was die laaste paar maande waar hy saam met ons geoefen het veral beïndruk met sy kalmte en selfversekerdheid.”

Jacobs het ook saam met die Duitse Bundesliga-spanne Bayer Leverkusen en FC Köln geoefen.

Die middelveldspeler is ’n raps jonger as wat die Amerikaanse Freddy Adu was toe hy in 2003 ’n kontrak met D.C. United onderteken het. Adu was toe 14 jaar, vyf maande en 16 dae oud. Hoewel Adu destyds ’n groot borgskapkontrak met Nike gesluit het, het hy nooit werklik sy potensiaal verwesenlik nie.

Freddy Adu in 2003 as 14-jarige vir Amerika se o.17-span in aksie. Foto: Getty Images

– Reuters

Meer oor:  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.