Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Sokkerster (19) sterf in motorongeluk
Die 19-jarige Italiaanse sokkerspeler Daniel Guerini het vandeesweek in ’n motorongeluk gesterf. Foto: Getty Images

Die Italiaanse sokkerspeler Daniel Guerini (19) het Woensdagaand in ’n motorongeluk in Rome gesterf.

Guerini het sy nasionale span op o-15- en o-16-vlak verteenwoordig.

Die middelveldspeler het vir Fiorentina, Torino and SPAL uitgedraf voordat hy hom weer in Januarie aangesluit het by Lazio, die klub waar hy sy loopbaan begin het. Hy het vir die Roomse klub se jeugspan gespeel.

“Ons verkeer steeds in ongeloof en is bitter hartseer. Die president en die mans en vroue van die Lazio-sportklub bied ons medelye aan die familie van die jong Daniel Guerini,” sê Lazio op Twitter.

Nog een van Guerini se voormalige klubs Fiorentina sê: “Ons is geskok en hartseer oor die skielike dood van die Lazio-jongeling Daniel Guerini, ’n lid van Fiorentina se jeugakademie in 2018-’19 en 2019-’20.

“Die gedagtes van president Commisso en die res van die klub is saam met die Guerini-familie in hierdie ongelooflike moeilike tyd.”

– Reuters

Meer oor:  Motorongeluk  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.