Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
2 Wits-spelers in pekel ná hul blaser stamp
Sameegh Doutie moet volgende maand voor ’n tugkomitee verskyn nadat hy ’n skeidsregter in ’n Premierliga-wedstryd gestamp het. Foto: Gallo Images

’n Lang skorsing is moontlik twee Wits-sokkerspelers se voorland nadat hulle na bewering ’n skeidsregter in ’n Premierliga-wedstryd herhaaldelik gestamp het.

Ricardo Goss en Sameehg Doutie is albei van “aanranding” en ’n “oortreding van die PSL se gedragskode” aangekla ná ’n voorval in ’n kragmeting met Cape Town City verlede naweek.

Die skeidsregter in dié wedstryd, Masixole Bambiso, het ’n strafskop aan City toegeken, waarna Goss en Doutie glo verskeie kere aan hom gestamp het.

Hulle is met geelkaarte gestraf in die wedstryd wat City met 2-0 gewen het, maar indien die tugkomitee hulle skuldig bevind, kan hulle tot ses maande lank geskors word.

Dít is die lengte van die skorsing wat Mpho Makola (toevallig van Cape Town City) verlede jaar opgelê is nadat hy ’n skeidsregter, Abongile Tom, in ’n Nedbankbeker-stryd teen Kaizer Chiefs gestamp het.

– TeamTalk

Meer oor:  Sameehg Doutie  |  Wits  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.