Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
3 ‘groot name’ op Man United se wenslysie

Manchester United wil glo drie groot spelers vir die volgende Engelse sokkerseisoen na Old Trafford lok.

Harry Kane, Jadon Sancho en Raphael Varane is op Manchester United se wenslysie.

Ná tuisnederlae teen Leicester City en Liverpool wag daar nog harde werk op die Rooi Duiwels om tweede in die Engelse Premierliga te eindig.

Volgens die Daily Express word daar reeds agter die skerms gewerk om drie groot aanwinste te bekom.

Harry Kane, doelskieter van Tottenham Hotspur, is glo op Manchester United se inkopielys. Foto: Getty Images

Kane, superster-doelskieter van Tottenham Hotspur, is glo boaan United se wenslys.

Die komende seisoen bied waarskynlik United se beste kans tot nog toe om vir Kane ’n kontrak te bewerkstellig. Hy is glo onseker of hy by Spurs wil bly en die Covid-19-pandemie se invloed op die spel se finansies kan beteken dat hy minder sal kos as wat onder gewone omstandighede die geval sou wees. Die oordraggeld behoort egter ver oor die £100 miljoen (R1,99 miljard) te wees.

Sky Sports berig dat die 28-jarige Kane sy klub reeds in kennis gestel het dat hy elders wil gaan speel.

Kane het hierdie seisoen al 32 doele vir Spurs aangeteken en word alom as een van die voorste doelskieters ter wêreld gereken.

Hy is glo ontevrede oor die gebrek aan vordering by Spurs en hy wil reeds voordat die Europese Kampioenskapstoernooi op 11 Junie begin ’n nuwe klub vind. Daar is nog drie jaar van sy kontrak met Spurs oor.

Al wat Spurs tans sê, is dat hy met twee wedstryde oor in sy seisoen nie kommentaar gaan lewer nie. Hy kan nog kwalifiseer om in die Europaliga-reeks te speel.

“Ons gaan nie kommentaar lewer nie. Ons fokus is om die seisoen só goed as moontlik af te sluit. Dis waar almal se fokus behoort te wees,” het ’n woordvoerder gesê.

Volgens die Express beplan United om ’n aanbod van £64,6 miljoen (R1,28 miljard) aan die Duitse klub Borussia Dortmund vir Sancho se dienste te maak.

Varane, wat vir Real Madrid speel, is glo in United se visier om sy verdedigende spel op te knap. Daar’s net 13 maande van sy kontrak met Real oor en daar word verwag dat hy rondom £60 miljoen (R1,19 miljard) sal kos. – TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  Harry Kane  |  Raphael Varane  |  Jadon Sancho  |  Manchester United  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.