Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
3de Engelse breier in 2 weke gepos

As jy ’n betrekking met werksekerheid soek, moenie ’n loopbaan as ’n sokkerafrigter in die Engelse Premierliga oorweeg nie.

’n Derde afrigter die afgelope twee weke is Sondagaand die trekpas gegee in dié hoogs mededingende liga.

Quique Sanchez Flores is die trekpas gegee as Watford se afrigter. Foto: Getty Images

Die jongste slagoffer is die Watford-breier, Quique Sanchez Flores, wat slegs 85 dae in sy pos was.

Dié Spanjaard se afdanking volg kort op die hakke van Mauricio Pochettino (Tottenham Hotspurs) en Unai Emery (Arsenal) s’n.

Onder Flores het Watford net een uit tien Premierliga-wedstryde gewen en dié klub is tans onderaan die puntelys, met slegs agt punte ná 14 wedstryde.

Flores se afdanking illustreer mooi hoe groot die verwagtinge is wat klubeienaars van hul breiers koester. Sy voorganger, Javi Gracia, is vroeër vanjaar ná slegs die vierde wedstryd van die liga die deur gewys.

Trouens, sedert Sean Dyche in 2012 deur dié klub in die pad gesteek is, het tien afrigters gekom en gegaan.

Die gewese Arsenal-staatmaker Freddie Ljungberg is intussen as waarnemende afrigter van die Gunners aangestel, terwyl José Mourinho nou aan die stuur van Spurs is. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Engelse Premierliga  |  Sokker  |  Watford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.