Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
4 spelers, president sterf in vliegongeluk

Vier spelers en die president van die Brasiliaanse sokkerklub Palmas is Sondagaand in die noorde van Tocantins in ’n vliegongeluk dood.

Nooddienste op die ongelukstoneel waar vyf lede van die Palmas-klub dood is. Foto: Getty Images

Die klub sê in ’n verklaring die ongeluk het gebeur toe die vliegtuig op die aanloopbaan skielik neergestort het terwyl dit in die proses was om op te styg.

Die groep was op pad na Goiania, die sentrale streek van die land, vir ’n kragmeting teen Vila Nova.

Volgens berigte in die Brasiliaanse media het hulle afsonderlik gereis omdat hulle positief vir Covid-19 getoets is. Sondag sou hul laaste dag in isolasie wees en die res van die span sou op ’n kommersiële vlug reis.

Die slagoffers is Lucas Meira, president, en die spelers Lucas Praxedes, Guilherme Noé, Ranule en Marcus Molinari. Die vlieënier, slegs bekend as Wagner, is ook dood.

Die Palmas Futebol e Regatas-klub is in 1997 gestig en speel in Brasilië se vierde liga.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

Volgens nooddienste het die Baron-vliegtuig ’n kapasiteit vir ses passasiers. Dit het 500 m van die aanloopbaan neergestort en was in vlamme toe brandbestryders op die toneel kom. Daar was minstens twee ontploffings.

In 2016 is 19 spelers van die Chapecoense-klub in ’n vliegongeluk dood. Chapecoense se vliegtuig was op pad na die klub se eerste Suid-Amerikaanse eindstryd in Colombia toe sy brandstof naby Medellin opraak.

“Ongelukkig weet ons eerstehands hoe hierdie oomblik van pyn en verlies voel,” sê Chapecoense in ’n verklaring.

“Julle sal hierdie tragedie nie alleen hoef deur te maak nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Chapecoense  |  Vliegtuigongeluk  |  Vliegongeluk  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.