Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Speler 5 jaar geskors vir byt op penis

’n Franse amateursokkerspeler is vir vyf jaar geskors nadat hy ’n teenstander op sy penis gebyt het.

Die slagoffer het glo 10 steke ontvang en moes vier dae se siekteverlof neem.

’n Woordvoerder van die dissiplinêre komitee het die saak as “sappig” beskryf. Foto: Getty Images

Stuff berig die voorval het gebeur ná afloop van ’n tweedeligawedstryd op 17 November tussen Terville and Soetrich in die ooste van Frankryk.

’n Speler van elk van die spanne was betrokke in ’n bakleiery toe nog ’n speler van Terville hom by die onderonsie aansluit, glo om die vrede te herstel.

Die Soetrich-speler het reageer deur die vredemaker op sy penis te byt.

“Die voorval het gebeur in die stadion se parkeerterrein nadat die wedstryd klaar was,” sê Emmanuel Saling van die Mosellan-sokkerdistrik.

“Daar was ’n onderonsie wat in ’n bakleiery ontwikkel het en sake het vererger. Die skuld word min of meer deur almal betrokke gedeel.”

Volgens Saling het die dissiplinêre komitee weens “die uitsonderlike aard van die saak” besluit om ’n deskundige te raadpleeg voordat die Soetrich-speler vir vyf jaar geskors is.

Die beseerde Terville-speler is vir ses maande geskors.

“Dit is nogal seldsaam om skorsings te hê wat oor jare strek, daar is minder as 10 per jaar,” sê Saling.

“Die saak was ’n bietjie sappig, maar daar moes ernstige spanning betrokke gewees het, so die dissiplinêre komitee se glimlagte het vinnig verdwyn.”

Die wedstryd het gelykop met 1-1 geëindig. Dit sou aan Terville sy eerste punt van die seisoen besorg, maar die klub is met twee punte en ’n boete van €200 gestraf omdat hy nie sy verantwoordelikhede rondom veiligheid as die gasheer nagekom het nie en die gebrek aan optrede deur sy beamptes toe die bakleiery uitbreek.

– Sportredaksie

Meer oor:  Skorsing  |  Penis  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.