Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
86-jarige sokkerbaas tronk toe

’n 86-jarige voormalige Brasiliaanse sokkerbaas is verlede week tronkstraf van vier jaar opgelê nadat hy vroeër deur ’n Amerikaanse hof skuldig bevind is aan korrupsie. Dit hou verband met grootskaalse omkopery by die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa).

Die voormalige Brasiliaanse sokkerbaas José Maria Marin gaan moontlik die laaste jare van sy lewe in ’n Amerikaanse tronk deurbring. Foto: AP

José Maria Marin is benewens sy tronkstraf ook met $1,2 miljoen (sowat R17 miljoen) beboet en daar sal beslag gelê word op van sy bates tot die waarde van $3,34 miljoen (sowat R48 miljoen).

Dié voormalige president van die Brasiliaanse Sokkerfederasie (CBF) is in Desember 2017 deur ’n federale jurie skuldig bevind op ses aanklagte wat van bedrog tot geldwassery wissel.

Hy was een van die eerste prominente sokkerfigure wat in Amerika verhoor is vir sy betrokkenheid in ’n komplekse komplot om reusebedrae omkoopgeld te ontvang in ruil vir die toekenning van bemarkings- en uitsaairegte vir sokkerwedstryde.

Aanklaers sê Marin het etlike miljoene dollar in omkoopgeld ontvang.

Marin se ouderdom is deur regter Pamela Chen van die Amerikaanse distrikshof in Brooklyn in ag geneem toe sy Marin gevonnis het. Aanklaers het gehoop dat hy ’n minimum tronkstraf van 10 jaar opgelê sou word.

In dié ondersoek na Fifa-korrupsie is 42 individue en entiteite reeds aangekla en baie van hulle het reeds skuld beken.

Juan Angel Napout van Paraguay, wat die hoof was van Suid-Amerika se beheerliggaam, is saam met Marin skuldig bevind. Hy sal Woensdag gevonnis word.

– Reuters

Meer oor:  José Maria Marin  |  Fifa  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.