Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Bafana
Ghana se afrigter gepos ná nederlaag
Charles Akonnor in sy speeldae.Foto: Getty Images

Charles Akonnor, Ghana se sokkerafrigter, het die trekpas gekry ná die Blacks Stars se teleurstellende begin in hul veldtog om vir die Wêreldbeker-toernooi in Katar in 2022 te kwalifiseer.

Sy opvolger sal volgens berigte in Oktober, drie dae voor die volgende ronde wedstryde om vir die toernooi te kwalifiseer, aangewys word.

Ghana het Ethiopië in sy eerste wedstryd tuis met 1-0 geklop, maar toe met dieselfde telling in Johannesburg teen Suid-Afrika vasgeval.

Akonnor was in die wedstryd sonder ’n handvol spelers wat klubsokker in Engeland speel. Engeland het spesiale Covid-19-maatreëls vir spelers wat Suid-Afrika besoek het en hulle is toe nie vir die tweede wedstryd oorweeg nie.

Slegs die voorste span van die vier spanne in die groep kom in aanmerking vir die Afrika-spanne se volgende fase van kwalifisering.

Ghana se volgende twee wedstryde is tuis en weg teen Zimbabwe, wat intussen ook sy breier, Zdravko Logarusic, gepos het ná ’n gelykopuitslag en ’n nederlaag.

Suid-Afrika is met vier punte tans die voorloper in die groep voor Ghana en Ethiopië met drie en Zimbabwe met een. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Bafana Bafana  |  Molefi Ntseki  |  Ghana  |  Charles Akonnor  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.