Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Aanhangers vergoed ná CR7 nie speel

’n Hof in Suid-Korea het ’n plaaslike organiseerder beveel om twee sokkeraanhangers te vergoed vir hul “sielkundige lyding” nadat die Juventus-superster Cristiano Ronaldo nie verskyn het in ’n vriendskaplike wedstryd soos geadverteer nie.

Cristiano Ronaldo is een van die wêreld se voorste sokkerspelers. Foto: Getty Images

ABCSport berig die Italiaanse kampioen het verlede jaar Julie in Seoul in The Fasta, ’n voorseisoense kragmeting, voor sowat 65 000 toeskouers gespeel, maar die Portugees was nie op die veld nie.

Aanhangers is verseker Ronaldo sou minstens 45 minute teen ’n gekombineerde K-League-span in aksie wees, maar hy het nie van die plaasvervangersbank op die veld gedraf nie.

Die organiseerders van The Fasta is beveel om die twee aanhangers met 371 000 Suid-Koreaanse won (R4 600) te vergoed.

Die skadevergoeding sluit in 300 000 won vir “sielkundige lyding”, sê die prokureur Kim Min-ki, wat die aanhangers opgetree het.

“The Fasta het aanhangers van Cristiano Ronaldo om die bos gelei en gebruik tot hul eie voordeel,” sê Kim.

“Vir Ronaldo se aanhangers is dit gelykstaande daaraan om ’n speler te verloor wat hulle lewenslank al ondersteun en bewonder.”

Kim sê ook hy verteenwoordig ’n verdere 87 eisers in ander sake wat verband hou met die wedstryd, wat gelykop met 3-3 geëindig het.

Die 65 000 kaartjies vir die kragmeting het in minder as drie minute uitverkoop, met die 35-jarige Ronaldo wat prominent in die bemarking gebruik is.

Toeskouers het kwaad begin raak toe hy geen aanduiding gee dat hy van die plaasvervangersbank op die veld gaan verskyn nie en hulle het boonop die naam van sy grootste teenstander, Lionel Messi, uit frustrasie gedreunsing.

Suid-Korea se sokkerbeheerliggaam het ook ’n brief van protes aan Juventus gestuur omdat die klub nie sy kontrak nagekom het nie.

’n Teleurgestelde aanhanger het selfs vir Juventus na Stockholm gevolg vir die klub se laaste opwarmingswedstryd teen Atletico Madrid in ’n poging om Ronaldo self te laat verduidelik.

Sy YouTube-blog van sy reis is al meer as 4 miljoen keer gekyk.

– Sportredaksie

Meer oor:  Juventus  |  Sokker  |  Cristiano Ronaldo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.