Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Aanlyn geboelie raak al hoe erger’

Die Manchester City-verdediger Alex Greenwood sê sy moes “leer om saam te leef” met afknouery aanlyn, maar glo die neiging “raak al hoe erger”.

Manchester City se Alex Greenwood is keelvol vir mense wat sosiale media misbruik om spelers aan te val en te beledig. Foto: Getty Images

Greenwood, wat vir Engeland se nasionale span speel, se voormalige Manchester United-spanmaat Lauren James (19) is vroeër vandeesmaand met rassistiese uitlatings op sosiale media gepeper.

Spelers in sowel die mans- as vrouespan het die afgelope weke onder rassistiese boodskappe deurgeloop.

“Ek het dit al self ervaar, dit is nie lekker om te sien nie,” sê die 27-jarige Greenwood.

“Ek kyk na die situasie wat betref rassisme op die oomblik, die situasie met skeidsregters, doodsdreigemente. Dit is totaal onaanvaarbaar.

“Ek is deeglik bewus van mense se lojaliteit aan klubs, dit is normaal. Maar ek dink wanneer dit die lyn oorsteek en persoonlik raak, moet iets daaromtrent gedoen word.

“Dit gebeur nou alte gereeld en dit wil vir my voorkom dit raak al hoe erger.”

Alex Greenwood (regs) en Lauren James toe hulle destyds in 2019 saam vir Manchester United gespeel het. Foto: Getty Images

Facebook, wat Instagram besit, asook Twitter, sê hulle is daartoe verbind om beledigings en afknouery op hul platforms hok te slaan.

Die Britse regering het sosialemediamaatskappye egter gedreig met “aansienlike boetes” wat tot “miljarde ponde” kan beloop indien hulle versuim om die kwessie te beheer.

“Ons het gepraat by Manchester City en die Lauren James-kwessie bespreek en hoe ons enigiets kan doen om haar te help,” sê Greenwood.

“En die individue in die span, myself ingesluit, dinge wat ons op Instagram sien, my Twitter – en dit is nie net die Manchester-derbies of ander groot wedstryde nie, dit is op ’n daaglikse grondslag, dit gebeur elke liewe dag.

“Ek dink dit gaan oor hoe jy leer om dit te hanteer. Dit is iets wat ek baasgeraak het. Dit beïnvloed my waarskynlik nie meer so baie soos dit vier of vyf maande gelede sou nie.”

Greenwood se City- en Engeland-spanmaat Ellen White sê afknouery aanlyn is iets wat uit die samelewing verwyder moet word.

“Dit is verskriklik, die tipe kommentaar en wat mense kwytraak, afknouery, die neerhalende boodskappe wat Lauren en verskeie ander mans- en vrouespelers ontvang,” sê die doelskieter.

“Dit moet heeltemal verander en heeltemal uit die sport verwyder word.

“Lauren is nie veronderstel om hieraan blootgestel te word en hierdie tipe kommentaar te ervaar nie.”

BBCSport, Sportredaksie

Meer oor:  Manchester  |  Aanlyn Boelies  |  Alex Greenwood  |  Rassisme  |  United  |  Lauren James  |  Manchester City  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.