Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Aanlyn rassisme ‘het krisispunt bereik’

Aanlyn rassisme wat op sokkerspelers in Engeland gerig word, het ’n “krisispunt” bereik en sosialemediaplatforms moet kragte met die owerhede saamsnoer om die probleem vinniger hok te slaan.

So het Nigel Huddleston, die Britse minister van sport, gesê nadat hy, huidige en voormalige spelers en verteenwoordigers van Engelse sokkerbeheerliggame Donderdag met sosialemediamaatskappye vergader het om die kwessie te bespreek.

Nigel Huddleston, die Britse minister van sport. Foto: Getty Images

’n Rits spelers in Engelse Premierligaklubs is die laaste paar maande aanlyn deur rassiste geteiken. Onder die slagoffers tel Manchester United se Anthony Martial en Marcus Rashford, Liverpool se Trent Alexander-Arnold en Sadio Mané, asook Chelsea se Reece James.

“Rassistiese beledigings en misbruik wat op sosiale media op spelers gerig word, het ’n krisispunt bereik,” het Huddleston ná die vergadering op Twitter geskryf.

Volgens hom het hy sosialemediamaatskappye en sokkerowerhede aangemoedig om hande te vat en “ware verandering” teweeg te bring.

“Die regering doen ook sy deel. Vanjaar gaan ons wette bekragtig waarmee aanlyn rassiste aangevat sal word, maar daar’s geen rede waarom tegno-maatskappye nie onmiddellik iets kan doen en vinniger oplossings kan vind vir hierdie afstootlike tipe gedrag nie.”

Die voormalige Arsenal-legende en Franse doelskieter Thierry Henry het verlede maand sy sosialemediaprofiele uitgewis uit protes teen platforms wat nie optree teen anonieme rekeninghouers wat hulle skuldig maak aan aanlyn rassisme en boeliegedrag nie.

Skotland se kampioenspan, Rangers, en die Engelse klub Swansea City tel ook onder die spanne wat vandeesmaand aangekondig het dat hulle sosiale media ’n week lank gaan boikot uit protes teen aanlyn rassisme.

Instagram het in Februarie gesê hy bly daartoe verbind om rassisme op sy platform te beveg en het ’n reeks maatreëls aangekondig waarmee hy die probleem wil aanpak.

Twitter het op sy beurt gesê dat hy sedert 2019 in meer as 700 gevalle opgetree het waar sokkerspelers in Brittanje deur rassiste op sy platform geteiken is. – Reuters

Meer oor:  Rassisme  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.