Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Aguero-driekuns laat Man City juig
Sergio Aguero van Manchester City nadat hy Sondag in Londen binne die eerste minuut ’n doel teen Arsenal in die Engelse Premierliga aangeteken het.Foto: Getty Images

Die vreugdevure het Sondag weer hoog in Manchester gebrand toe beide Manchester City en Manchester United goeie oorwinnings in die Engelse Premierliga behaal het.

Manchester City het sy tweede plek in die liga herwin nadat hy Saterdag tydelik daarvan deur Tottenham Hotspur ontneem is toe hy Arsenal in die Etihad-stadion in Londen met 3-1 geklop het na ’n skitter-driekuns aan doele deur Sergio Aguero.

Man City het binne 46 sekondes ná Aguero se eerste van drie doele voorgeloop.

Arsenal se Laurent Koscielny het die Gunners se doel met ’n kopskoot aangeteken waarna Aguero kort voor en weer ná rustyd weer in die kol was.

Spurs het Saterdag hul neus tydelik voor City gekry toe hulle Newcastle United met 1-0 geklop het

Manchester United het Sondag bo Arsenal op die puntelys opgeskuif toe die Rooi Duiwels Leicester met 1-0 getroef om steeds onoorwonne in tien wedstryde te bly sedert Ole Gunnar Solskjaer by Jose Mourinho oorgeneem het.

Ek is baie trots en ek is seker hy sou ook gewees het. Ek het voor die tyd aan die span gesê ‘ons moet ons kant bring,’ en ons het ook."
Neil Warnock

Man United het nou 22 uit ’n moontlike 24 ligapunte verower sedert dié Noorweër die leisels geneem het.

United se doel is in die negende minuut deur Marcus Rashford aangeteken, wat in sy 100ste Premierligawedstryd gespeel het.

Rashford het reeds 26 Premierligadoele aangeteken, ses daarvan in agt kragmeting onder Solskjaer.

* Die emosies het Saterdag in die Cardiff City-stadion hoog gevloei toe Cardiff ’n oorwinning van 2-0 oor Bournemouth behaal het.

Dit was Cardiff se eerste tuiswedstryd sedert die vliegtuig waarin sy Argentynse ster, Emiliano Sala, gereis het, op 19 Januarie oor die Engelse kanaal vermis geraak het.

“Ek is baie trots en ek is seker hy sou ook gewees het. Ek het voor die tyd aan die span gesê ‘ons moet ons kant bring,’ en ons het ook,” het die Cardiff-

afrigter, Neil Warnock, met sy oë vol trane na die wedstryd gesê.

Daar was huldeblyke voor en tydens die wedstryd aan Sala en die ondersteuners het sy naam vir lang tye gesing.

’n Onderwatersoektog na die vermiste vliegtuig is Sondag van stapel gestuur.

Chelsea het Saterdag ook die krane oopgedraai toe hy Huddersfield Town met 5-0 getroef het.

* Liverpool (61), wat Maandagaand teen West Ham speel, is steeds eerste gevolg deur Manchester City (59), Spurs (57), Chelsea (50) en Man United (48). – bbcsport.com, Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.