Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Arsenal-breier tob nie oor sy toekoms

Arsenal se vyfde agtereenvolgende Premierliga-nederlaag van die seisoen het hom Sondag na 14de laat sak, maar die span se afrigter, Mikel Arteta, hou vol hy is nie bekommerd om sy werk te verloor nie.

Arsenal beleef onder Mikel Arteta sy swakste begin van ’n seisoen sedert 1981-’82. Foto: Getty Images

Doele deur Pedro Neto en Daniel Podence in die Emirates-stadion het aan Wolverhampton Wanderers ’n oorwinning van 2-1 besorg. Dié uitslag laat Arsenal op 13 punte ná tien wedstryde, agt agter die voorlopers, Tottenham Hotspur.

Die Gunners het Unai Emery, sy vorige breier, Sondag presies ’n jaar gelede afgedank toe die klub agtste was, maar Arteta sê sy fokus is op die klub se toekoms, nie sy eie nie.

“Ek het die dag wat ek besluit het om ’n afrigter te word besef ek sou eendag afgedank word of die klub verlaat, maar ek weet nie wanneer dit gaan gebeur nie,” sê Arteta.

“Ek weet in hierdie beroep is dit wat gebeur, maar ek bekommer my nooit daaroor nie. My enigste besorgdheid is om die beste uit die spelers te haal en om die beste moontlike diens aan die klub te lewer.”

Arsenal het sy laaste drie tuiswedstryde verloor en beleef sy swakste begin van ’n seisoen sedert 1981-’82.

Slegs twee van die span se 13 pogings Sondag was op koers na die doelhok en Gabriel se gelykmaker in die eerste helfte was Arsenal se 10de liga-doel van die seisoen – net een meer as Fulham in die 19de plek.

“Ons kan enigiemand klop, maar ons kan maklik verloor ook, dit is eenvoudig hoe klein die marges is,” sê Arteta.

“Ons wil uiteraard meer doele aanteken. Dit is ’n groot berg wat ons moet klim.” – Reuters

Meer oor:  Arsenal  |  Mikel Arteta  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.